Erfenis
die stofpad is vol
klipppies hard vas in blad
slote gesny deur vergete reën
skerp glowies sonder ń see
alles rittel die kar
en alles skud
buite vuil vensters
wortel vas die bloekoms
kleure palet die landerye
ligblou hang die lug
die diere pas natuurlik in
teen ń vervalle wit huisie
grond paaie
skud die nou skille af
maak memoires, oues wakker
tussen Viljoenskroon en Kroonstad
lê die vaal plase
waar rus is
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.