Estimable
Estimable.
Ek het wakker geword uit n droom met die woord “estimable ” in n netjiese labeltjie op n larney hoed.
Of high esteem, is wat my tref.
Gepraat van getref.
Ek word deur skokkende beelde getref, uur in en uur uit.
Die dokter maak toe die aanmerking: ” You can shoot a movie of this”.
Ja, knik ek instemmend.
Dis nou na n sterwende mens wat veldunmaer met bloederige pype vanuit sy are met n drip in sy hande in n smekende stem die dokter probeer oorreed om hom op te neem want hy is moeg. Die dokter vertel hom hy kan nie nou moeg wees nie en maak n telefoonoproep en vul n klomp vorms in, . HY stuur die man uit om buite te wag vir bloedtoetse, met moeite vat die man die dik omslag by die dokter. Met nog meer moeite staan hy op = hy het erg sit en TB-hoes, miskien n bietjie meer aangesit om die dokter oorreed te kry, want hy gaan nou by die huis dood,beweer hy. Die dripdrade haak aan die deurhandvatsel terwyl hy die gange vol siek mense betree.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.