Wreed bedrieër’s lewenslied
Die donker skadu van ʼn doodse wrok
sluip van diep uit sagte brose hart
woord gebore uit die tong se graf
verskeur, verbreek, vertrapte siel, verward
met sy vlag gedoop in onskuld bloed
donder dreun sy haat met nyd nog voort
hy wik nie, weeg nie, moor in elke spoor
sy hart begraaf in liefdeloos akkoord
smalend grynsend kyk hy neer
op verpletterde in lewens vrees
verwoester van my lewenslied
jy skeur my siel en laat my kinders wees
o Heer my Losser, God
ek laat my hart in U gebod
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.