Fragmentaries
Jy het my binneste getakel.
Elke dag met skerpnaelige vingers ,
in die waag gejaag
en genoee genot vir jou opgegraaf.
Jy, die een wat ek broer noem.
Jy, die een wat my as kleinsister koester,
is n verkragter , n leweverwoester .
Jou stywe drukkies
vervrot vervlam en verbreek
my hart in fragmentariese stukkies.
en met n klapmus oor my gevreet
Ledig ,laatdunkend en lewensloos
struikel deur die toegezipte lewe .
©Zebulon Kochk
Konnichiwa Gedigte
3o-06-2019
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
goed gepen en baie uitspreek beeld van die gevoel en gevangenis van die mergelaar