
Net ‘n wintersprokie (Silwer)
Die Sneeukoningin is vlok bevlok –
hul sê dit val soos bye uit ‘n hok.
Sy vries die warm hart van Kai,
want sy is ysig kwaai.
So vang sy ook vir Racheltjie
en Klara Majola in die veld.
Die volk se trane bevrore
oor elke klein held.
Ons kinders kyk nog Heidi,
Dawie die Kabouter, trolle.
Moemin en Sneeuwitjie
ski en speel sneeubolle.
Maar als is net storietyd
en wie gee nog om.
Op ‘n groot skaal wêreldwyd
is dit net ysfronte wat kom.
Charleine Collins © 30 Junie 2019
Foto: Gerrie Germeshuizen © Junie 2019
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek