gelowig
hoe meer ek sweef
hoe verder ek van myself beweeg
hoe meer verdwyn ek uit my eie dwaas
so sweef ek oor verre lande en leer meer
van nuwe realiteite waar ek nie bestaan
waar my identiteit vervaag en verdwyn
waar Lig my lei en my hervorm
daarom sien ander my nie
sien hulle iemand anders
iemand wat hulle dalk
graag wil ontmoet
iemand soos Hy
wat in my
woon
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.