Gelukskoot
Nog altyd kon hy wegkom
met breinverblindery;
valse kundigheid
van jarelange
swoeg en steel verkry
met hier en daar ‘n uhm en ah
en ‘n goed geplaasde knik
selfvoldaan na gelang
van sy gehoor se aansien geskik
Tot die dag toe iemand
nog ‘n laaste vragie vra
en die sweet van onkunde
oor sy ganse lyf uitslaan
maar dan, sien hy
reg voor hom staan
die geluksgodin
weer is hy gered
want daardie dag het sy
net swape saamgebring…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.