Genade
“Jy kan ook net soveel keer in n deur vas loop jy weet”. Sy vou haar arms beskermend oor haar lyf. Hoeveel keer moes sy al hierdie woorde hoor. Die monitor beep beep saggies en sy luister na sy rukkende asemhaling. Moet sy of moet sy nie. Dis maklik, draai net die drip se kraantjie oop…. laat daar n lugborrel in sy drip se pypie oploop. Hulle sê…… hulle… hulle… hulle…. Wie is hulle?? Verdomp.
“Ons sal moet opereer Mevrou. So gou as moontlik. Jou man het twee gate in die maagwand”. Hulle hou die plate omhoog en wys na twee donker kolle wat boosaadig na haar teruggluur soos twee beskuldigende ogies…..dis jou skuld…jou skuld… Al die Kerrie…al die olierige kos wat jy hom voer…. Al die kere wat jy hom so kwaad maak. Sy kyk af na die stil figuur op die wit hospitaalbed. Sy gesig vertrek in helse pyn. Lekker jou bliksem, dink sy, dis vir al die kere wat ek my gesig moes toeplak met onderlaag. Vir al die kere wat ek saggies moes trap omdat die pyn van n gebreekte rib elke asemeug hel gemaak het. Vir al die kere wat jy my soos n vloerlap op die grond gesmyt en my eie bloed daarmee opgevee het. Vergewe my Here…..
Dis net na middernag toe hulle hom uit die teater stoot. Ek loop vooroor gebuk agter die tjirr tjirr van die trollie aan. My beste jare vir hom gegee. Sielsmoeg maar tevrede. My hulp kom van bo en ek weet, ek moet glo dat hierdie die laaste lopie na die wenpaal is. Ek het n belofte gemaak daar op my knieë in die wagkamer. Ek sal hom versorg totdat die dood hom kom haal.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
....dis die regte ding om te doen, maar tog wens mens sy was ontslae!