Jongste aktiwiteit:

Getrapte spore

Die getrapte spoor.
Grondpadry is nie altyd sonder sy probleme nie. My eerste werklike kennismaking en ondeevinding met
grondpadry (papnat grondpad) was op die vooraand van my troue. My (toe nog toekomstige) skoonouers
se plaas was bykans 70 km buite die dorp. Alles rooi grondpad. Ek moes een aand ry om my suster, wat
met die bus gekom hert om ons troue by te woon, op die dorp te gaan haal. Die enigste probleem was dit
het katte en honde gereen. Die pad was een groot kleispul, glad, nat en glyerig. Ek het ‘n 1400 Datsun
bakkie gery en die arme ding moes sy storie ken. Op party plekke wou hy amper sy neus teruggooi plaaa
se kant toe en dan moes ek maar mooipraat en soebat dat hy my veilig op die dorp bring. Ek moet noem
dat ek onder andere oor Bloukranspas moes ry. Bewus van die onvastheid onder my wiele en die gapende
afgrond waarin ek so maklik kon ingly, het ek maar al biddende die pad aangedurf, my sus opgelaai en
weer biddende en bewende die pad terug aangedurf. Normaalweg sou die retoertrippie my minder as 2 uur
geneem het. Daardie aand was ek egter heelaand op die pad. Half nege tot na 3. Maar die belangrikste –
ons het veilig gery en veilig aangekom.
Dit was amper 35 jaar gelede. Intussen het ek daardie pad al baie gery, nat en droog. En ek het geleer
grondpad ry, want ‘n droë grondpad het ook maar sy uitdagings. Soms, veral wanneer die pad na reen
effens droog geword het, moes ek my maar verlaat op ander se spore wat reeds getrap is. Maar soms
moes ek deur al hulle glyery ‘n alternatief probeer kry en my eie spoor maak. My bakkie het later ‘n kragtige
Chev Commodore geword, maar steeds was die grondpad maar ‘n uitdaging. Gelukkig was daar darem die
1300 km teerpad huis toe wat opgemaak het vir daardie stukkie hel op aarde.
In my lewe het ek al baie grondpad gery, letterlik en figuurlik, nat en droog. Ek het stofpad gery en ek het
glypad gery. Teerpad baie, maar helaas ook baie grondpad. Soms het bid nie gehelp nie. Soms het ek
gegly en spoor verloor. Soms was die afgrond afgryslik naby. Soms moes ek my eie pad maak. Soms wou
ek ook soos my 1400 my neus omdraai en teruggaan. Soms wou ek wag dat die reen eers bedaar, maar ry
moes ek ry.
Een van die belangrikste lesse wat ek in die situasie geleer het, was om so ver moontlik te hou in die spore
van hulle wat voor my daar verby is. Die spore van ervaring, van boere van die omgewing wat die pad
gereeld gery het.
Watter lewenslesse leer ek hieruit? Ek het in my lewe baie spore gevolg, nie altyd die regte, deurtrapte
spoor nie. Tog het ek veilig (deur genade) anderkant uitgekom. My gebed is dat my kinders (hulle wat my
volg) veilige getrapte spore sal volg. Dat hulle nie nodig sal hê om hulle eie spore te probeer trap nie. En
dat hulle ver genoeg van die afgrond sal beweeg.
©️HENN




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Lollie het ‘n nuwe publikasie gemaak