gevestig
my duin staan stil
terwyl die aarde beweeg
ek sit en tuur oor wye see
sien vragskepe kom en gaan
visserskuite uitgaan vol terugkom
daaglikse gebeure so voorspelbaar
soos die see en sy visbevolking
maar iewers op die horison
skuil daar donker wolke
vasgebank lê dit daar
stu hul miswolke
wat eersdaags weer
op land gaan uitstoom
wat hopelik reën saambring
oor die duine skyn groen koring
wag naarstiglik op goeie reën
vas sit ek op my duin
vasgevang stokstil
soos rots van
gibraltar
terwyl
ligtoring
draaiend
flits
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.