Jongste aktiwiteit:

GROEN MILKSHAKE EN SUNSPARKLE BISCUITS

GROEN MILKSHAKE EN SUNSPARKLE BISCUITS

Sit hier by my seselwers en dink daaraan om per dalks eendag se anderdag weer hare te kleur; enne toe onthou ek sommer dwars uit die bloute uit van KleinBas en Mildrid, die Hemekoei met die sonstrepies in haar kuif.
Dit kan seker vervelige woordemaak wees vir jou om te lees; maar…… Los my, Bokkie my babie, seblief; ek wil weer kleintydfaikonta onthou ……. Daai ander keer toe Bas (in my Faikontawêreld was hy ‘n Sho’t Leftengeltjie gewees) aanvanklik ewe gedienstig en stemming oppad was om Migael te gaan help. Nie so helemal bedees aan die eet aan die muffin met lekkervars Mildridroom en arbeie wat Hero hom gegee het nie. Gesig en hande ‘n rondomtalie van geel krummels, witroombeltse en stukkies bloedrooi arbeikonfyt uit Meneer se eie, persoonlike tuin. En toe onthou hy mos eweskielik……. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword.
Jy het nie eers ‘n krummelstukkie van ‘n brood se korsie gehad nie! én dit net oordat die blêrrie (Hero, Jy moenie gaan split by Migael nie, hy hou nie daarvan as mens blêrrie sê nie) tweegat jakkals met sy ou platkop soos ‘n tweedehandse, deurgeskaafde waslap en sy stupid tuitbek nes ‘n geroeste piekniekketel homselwers belangrik en faikontaMessias wou hou! Was seker opgedress in ‘n gesteelde pakkiesuit en ‘n skewe strikdas – stupid (blêrrie – sê ekke ook) klontkop; ‘hy lyk soos ‘n nar.
Net ‘n bobbejaan sonder ‘n stert’ en net daar het hy wat Bas is van Migael vergeet. Sien nou, dis waarom hy nie honor bright nie! En toe vee hy sy handjies sommer so in die dink en die hardloop aan sy skoon klere af! Ag, man! Liewe Jesus is eers belangriker as simpel blê….. as simpel (gewone) klere – honor bright; al tien vuil Sho’t Leftengeltjievingertjies…. ‘En die apie sit en droom in die mik van ‘n moerbeiboom.
En die bobbejaan kom met sy stert so krom en die apie sê vir hom’….. Jou blêrrie tweegat jakkals van ‘n pienk kakkerlakluis! Toe gaan hy as ‘n undercover duiwelseuntjie Hel toe en sit ‘n lekkergroot poepkussing op ou platkop se troon neer. Gooi ekstra-sterk poefiegoeters in sy glas vrotwyn en….. en, nê – en hy strooi ‘n henskegroot klomp laaaaang, einamaakdorings op die hele pad longdrop toe. Van daais wat hulle gevat het om vir LIewe Jesus van ‘n spotkroon te gemaak het…… In Vino Veritas!
Die blêrrie (Hero, ek kon sweer ek het daai dag vir Migael hoor “amen” sê) ou stinkasem beter na sy pasoppertjies kyk! My Hero blêrrie einamaak; sal hom wys!!!!!………… Amen; Bas.
‘My love is like a Storybookstory;’ Man met Jou forse, spierewit Arabierse reisiesperd…. Woertswarts en ‘n bloubessie se arbei-sproetgesig en hande gewas en suikersoet met ‘n teelepel Ilovostroop geloop na Mildrid se blyplek. Oppad vir haar ‘n goudgeel magrietjie uit Meneer se tuin gedêps – groot en baie jammer hy het ‘n pragtige dame soos sy laat wag; maar dit was ‘n saak van Hemelike eer wat nie kon wag nie. Is! Honor bright, dit kon eers nie gekon het nie……. ‘But it is as real as the feelings I feel.
‘n Storm in ‘n wynglas sal spat’….. slimkoeivrou wat Mildrid was, het sy dadelik Bas se saak van Hemelike eer goed begryp. Daai mannetjie het seker weer die bl….. ê, verfoeilike elcheappo gaan opfoeter! ‘The cow jumped over the moon – ja, honor bright; sy het.
Toe eers vir hulle groen milkshake en Sunsparkle biscuits voorgesit; klein Bas se gunstelinge. Sebastiaan, jou properliese doring! Alles en nog wat vergewe. En in, binne-in haar hart sommer kliphard BLÊRRIE gesê!….. En toe help Bas haar om sulke flikker-flonker sonstrepies, soos Migael se swaard se blink binne-in die son, in haar kuif te sit.
……….. enne…….. Gelukkig was daai ou tweegat jakkals blêrrie baie besig. So dit het nie eintlik saakgemaak dat hy per ongeluk nie gehonor bright het om Mildrid klaar te help nie. Sebastiaan se neus en ore was ook gesonstrepie. Maar selfs Jy, Hero van my, het haar spesiaal kom komplimenteer met haar splinternuwe voorkoms. En Meneer het oor haar nuwe, geel en oranjestrepies kuif gestreel en met die anderhand probeer om Sy ougatste (blêrrie) Sho’t Leftengeltjie se deurmekaar donkerkrulle te probeer orden…… ‘Love is a beautiful song.
Dance me to Your beauty with a burning’….. met ‘n Vuurvlam (nes Jou oë) kitaar; my Redder en my God van Waarmakerwoorde – a ring is round and has no end and so’s my love for You, my Lord of the Dance….

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie, en mag jou pad vandag ongetemd wees na die helder van die son.
©Liza Daniells




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed