Jongste aktiwiteit:

Hart seer

Ek het nooit besef
hoe lief ek jou werklik het nie,
maar nou dat ek nie meer
by jou is nie,
mis ek jou oneindig.

Vir meer as twee weke
loop ek met ‘n pyn
net bokant
my linkerbors.

‘n Steekpyn
wat nie wil weggaan nie,
dit bly daar en wanneer
ek jou sien raak dit erger.

Ek wil weer na
jou hartklop luister
te-doef, te-doef
in jou bors.

Ek wil weer na
jou asemhaling luister
wanneer jy
in my arms le en slaap.

Die laaste keer
wat dit gebeur het
was jy so rustig en
ek het jou gevra:

Of jy my deel sal maak
van jou gesin
en jy het omgedraai
en my ‘n drukkie gegee.

Ek mis jou so
baie veral jou drukkies,
want my
Hart is Seer.




Ek skryf net omdat dit lekker is, want dit is soos terapie vir my.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed