
Herstel Die Status Quo
Herstel Die Status Quo
Verhuis, is alles skielik so verweg – – –
Die winkels poskantoor en posbus is verder,
die dokter, veearts, en vriende bly nie meer naby
of binne loopafstand nie vir alles moet jy perdopsaal,
en gaan kuier jy by diegene wat ‘n bietjie nader is,
vind jy dis té ver om te loop en té na om te ry – – –
Ek wil die status quo weer herstel hê met al my
vriende, dokters, winkels en poskantoor naby my – – –
Ek verlang na die sagter klimaat, winterreëns ten spyt,
want ek het al weleer se donder en blitse verleer daar
in die suide van my ou heimatland – – –
Skielik voel ek rigtingloos noord suid oos en wes verwar – – –
Tafelberg was my GPS en ek kon nooit verdwaal rigtingvas
met die weidse oseaan wat laag af aan sy hange eb en vloei – – –
Almal is lief en dierbaar ek het geen tekort dis pure bederf
my wish is their command so ek swyg liefs
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.