Vryval
Vryval
Die tyd spoed jaareinde toe
en galop toomloos al vinniger soos
‘n wilde mustang ongebreideld met
geen stang in die bek om in te teuel
en die spoed ‘n bietjie te laat rem nie – – –
Almal begin op te pak,
sake word afgehandel,
die lessenaars raak skoon,
die skole het gesluit en
nou het die tyd ontaard in
‘n vryval voordat die
valskerm oopgaan en
jy saggies land in
die nuwejaar – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.