HUNKERING
HUNKERING
vir hoe lank moet ek smôrens vroeg
terwyl almal nog slapend wag
of wakker lê en wroeg
oor nog ʼn nag se dag
verby donker vensters loop
slaggate in my pad probeer vermy
verbete vasklou aan my gidshond se knoop
en blindelings teen die donker probeer stry
hoekom verdwaal ek steeds
in gister se windverwaaide spore
jaag ek hardkoppig en steeks
die spieëlbeelde van more
terwyl die nuwe dag reeds blou
vandag se beloftes teen die lug uithou
vir my
vermy
© Fanus Strydom
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.