idillies
wieg en swaai van golwe in ons baai
volg blink strepe van warm en koue
wat saggies deur baai rangeer in voue
laat natuur se ewewig perfek in draai
breek saggies in wit skuim oor rotse
spelerig sweef meeue prettig ge-raam
duik en skreeuend oor seeslakke saam
maak skuimbedekte skulpgruis klotse
hoe lank sal hemelse natuur nog bestaan
hoe lank die mens alles maar net aanvaar
hoe lank voor jeugdigheid totaal sal taan
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.