Jongste aktiwiteit:

In die Hemel

Gesing deur Juanita du Plessis:

In harstseer oomblikke en tye van relings tref, nadat ń verrassings partytjie eintlik in ons relings moes inpas vir ń 70 verjaarsdag het in twee en twintig dae verander na ń begrafnis relings uittog, in plaas van ń verrassings partytjie.
En te midde van groot opgewondenheid, het dit verander na die grootste hartseer in ons lewens ooit. Want ma het skielik gesterf en alles was in die fynste besonderhede uitgewerk, die aand van haar sterwe was die laaste uitnodigings kaartjie uitgedeel.
Met hartseer was almal verslae en verstom want sy was so gesond.
Die lied “In die Hemel” het daardie selfde week van my ma se afsterwe oor die radio gespeel, en ek het uit my pad gegaan om die liedjie te bekom.
Die dag van haar begrafnis het ek daardie liedjie in die kerk laat speel.
Want in die woorde was dit asof sy met ons gepraat het, dat sy veilig is daar waar sy is, en dat ons met geruste harte voort kan gaan sonder haar…
Wanneer iets of iemand so skielik uit jou lewe uitgeruk word, lê dit vir altyd diep in jou hart, en kom jy nie los daarvan nie, want die liefde het te diep gaan lê vir so iemand.
Veral as dit nog jou ouers ook is, en dat jy weet die pad wat julle saam geloop het was met groot liefde geloop gewees… onafskeidbaar was ons. Hul streng grootmaak aan ons, was ons waardevolste besitting in ons geheue gewees… die pad was die reguit pad om te loop wat ons met groot gehoorsaamheid gevolg het.
Daarom die groot seer wat in daardie liedjie lê, wat ons ook tot berusting gebring het, het soos wat dissipline in ons geheue ingeplant was gaan lê…
Wanneer die liedjie speel na sestien jaar van haar afsterwe bring die refrein stilte in my gemoed, want dit is asof sy oor en oor vir my sê, sy is tevrede want dit is die plek waar sy wou wees, en dit is by haar geliefde en by Jesus. Dan sê ek vir myself, die beste plek is waar sy haar bevind.. eendag sal ons mekaar weer kan sien.
In my hart dankbaar vir daardie lied wat met soveel woorde die regte woorde tot insig gebring het aan iemand so naby aan ons en wat so skielik uit ons lewe geruk is sonder lyding, sonder tyding en sonder ń laaste groet.
Ek koester daardie liedjie wanneer die verlange erg raak, speel ek daardie lied en raak stil, want dankbaarheid aan my Vader wat haar kom haal het op die regte tyd was vir haar bedoel.
Ons verrassing vir haar was groot en vol vreugde, maar God se verrassing was vir haar die beste verrassing ooit want Hy het gesorg dat sy ń wereldse partytjie verruil vir ń hemelse partytjie. Haar verjaardag saam pa en ons Liewe Vader was vir haar beskikbaar gestel soos “In die Hemel”

Geskryf @ Louisa van Vliet

Aantal woorde: 489




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak