Sewe sakke sout (silwer)
ont-sien
ont-vriend
ont-lief
ont-bind
en skielik was ek vry
om te ont-glip
na waar ook al die skimroep
in hierdie labirint my lei
of so het ek gedink
want hoe sou ek toe weet
dat ‘n hart selfs die ont-inkte
beloftes nie vergeet
en soms, net soms, so bietjie blou
hink op die ontredderde gedagtes van ‘n Lot se vrou?
©️Elize Kruger
19 Februarie 2023
*skimroep – lokstem
*ont-inkte – geskrap, papierloos
2 Kommentare
-
Koos Elsum
Dit is sowaar hoemeer ons probeer weg beweeg, veral as ons dit forseer, hoe dieper die impak. Dankie vir die gedig Kommetaar: Ek is geen kenner vd tegniese aspekte vd digkuns nie, die volgende is net my eie leer proses 1. Pragtige nuwe woorde
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2023 BLOU projek