in my are
hy staan voor sy vrou en kinders
sy gestalte donker met ‘n vaal grys op sy gesig
sonder omhaal of woorde word hy summier gefusilleer
sy liggaam word argeloos in vlak ploegvoor toegekrap
vrou en kinders met karige hulpmiddels op bokwa
soos hul wegry staan rook op uit die opstal
staar hul vir oulaas daarna soos hul ry
uit daardie vrou kom kinders
hul kinders se kinders
se bloed in my are
broers van my
susters van my
stoere boere bloed
wat nie kan vermeng
wat nie terugstaan
vir geen ander
©Teárlach
Vroeg in 1901, in die guerrillafase van die Anglo-Boereoorlog, het die Britse bevelvoerder genl. Plumer sy opmars van Pretoria na die verre noorde van die Transvaalse Republiek begin.
Met die besetting van Pietersburg in Maart 1901 kon hy die Boere-kommando’s nie baasraak nie en het hy staatgemaak op ‘n korps wat gou bekend én berug was vir hul bloedlustige moordadigheid, die Bushveldt Carbineers.
Volgens die Times History of the War in South Africa was ‘n Joodse hoteleienaar van Pienaarsrivier, Joseph Levy, ‘n Britse simpatiseerder, die stigter van die korps.
Dit moes ook dien as ‘n teeninsurgensie-eenheid, en die Britse inligtingsdiens in Pretoria het ook grootliks tot die stigting van die korps bygedra.
‘n Australiër, maj. R.W. Lenehan, is as bevelvoerder aangestel en nog sewe offisiere, onder wie P. J. Handcock, J.H. Robertson, H.H. Morant, C. Hannam en H. Picton is aangewys. In Junie is P.F. Hunt tot kaptein van die korps bevorder.
Die gewone lede van die korps was 660 soldate. Hulle was Australiërs, Britte, Nieu-Seelanders, Duitsers, Kanadese en ook sowat 30 Suid-Afrikaners, die meeste met Afrikaner-vanne.
Die Carbineers het aansluiting gevind by kapt. Alfred Taylor en sy groep. Taylor was ‘n Engelsman wat later in Rhodesië gewoon het. ‘n Groep Carbineers het in die omgewing van Louis Trichardt by Fort Edward opgetree. Hy was in diens van die Britse inligtingsdiens. Hy was so vroeg as die Jameson Inval al betrokke in die boere republieke met wapens wat hy ingesmokkel het en aan swartes gegee het.
Morant het op sy berugte “Rule 303” (fusillering met ‘n .303-geweer) besluit en gesê dat die opperbevelhebber van die Britse leër, genl. lord H.H. Kitchener, opdrag gegee het dat alle Boere in Kakie-uniforms gefusilleer moes word. Hunt het glo ook van dié opdrag geweet. Visser is daarop summier doodgeskiet. Die laksman was Taylor, wat die bynaam “Bulala” (moordenaar) gehad het vanweë sy berugtheid om swart burgerlikes te vermoor. Nog ‘n bynaam vir hom was “Bamba” (rower), omdat hy swartes se vee geroof het. Dit sal miskien nooit bekend word hoeveel swartes Taylor vermoor het nie en hoeveel beeste hy geroof en na sy plase in Rhodesië laat aanjaag het nie.
Die moordspoor van die Bushveld Carbineers het egter in Februarie 1902 in die krygshof doodgeloop. Morant, Hancock en Witton is van moord aangekla. Die regter het dit duidelik uitgestippel: “Die reg om ‘n gewapende man te skiet terwyl hy weerstand bied, word erken. As hy egter oorgee, is hy ‘n krysgevangene en moet hy as sodanig behandel word.” Maar Kapt taylor het skotvry gekom, en was later ‘n bekende politikus in Rhodesië.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.