
jou lippe
skaam verlate staan hy
wag vir haar om verby te kom
elke oggend staan hy op die hoek
maar nooit sal hy haar stop of groet
sy gedagtes in droom gevries
haar lippe op syne ‘n soen
skim-liefdesgroet beaam
altyd sien hy haar lippe
met elke nuwe vrou
wat hy op afstand
staan en beskou
obsessionele
verering
van sy
droom
vrou
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.