Jy was vir my …
Jy was vir my ‘n granaat rooi
onder my wal van vergruis
Jy’t my hart vertroos
met jou purperlied
en ‘n handvol hoop
vir my saamgebring op jou
gebreekte skip
Ek was ‘n verlepte son
in ‘n verwronge glas maar
ek’t jou omhels
met my stukkende spieël
en al wat ek jou kon bied
was ‘n plek in
my glas kasteel
©Sonja Peacock
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Somerreën
Sonja Sonja Sonja....die gedig van jou is 'n juweel. Ek is mal oor die gedig.