Seisoenale metamorfose van liefde
Ek het die lente sien kom met
die blymoedigheid van blomme in die hare
Die somer het sy son op my bed kom los
oopgesprei tussen satyn en samesyn
Die herfs het begin terugtrek en sy jas
al hoe hoër teen sy ken opgetrek
Teen die winter se breek was die landskap
toe gesneeu onder verlatenheid
©Sonja Peacock – 2017
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Somerreën
Hoe jy 'n wêreld skilder met woorde, sjoe. Baie beskrywende gedig die, en ek het dit baie geniet om te lees.