Karoo-lied
Karoo-lied
Daar wil ek neurie en sing om God te loof en prys
‘n loflied skryf dit uitbasuin my dankbaarheid wys
hoekom wil ek oor jou Karoo ‘n liedjie skryf
vasgevang met min woorde baie om die lyf
op die gelyk bruin papier wat uitgestrek lê
met note swart en wit wat tussen lyne sê
vloeiend oor die rante speels gly en neervly
as die melodie oor die hoogtes en steiltes ry
ritmies saam met die windpomp en stiltes van die nag
op die polsslagwysie van die lewe wag
wat sal met klank en akkoorde teen die nag en sterre weerklink
in die sang van jakkalse en naggeluide rinkink
die woorde wat tolbosspeel in die wind
waar sal ek min donderstorm oor die koppies vind
ek sing oor die Karoo
genadeplek geskenk van bo
op stilwees musiek sing ek ‘n loflied
vol hartsvreugde wat dit my bied
‘n loflied oor die mooi Karoo
genadeplek geskenk van bo
opera speel oor die vlaktes en kliprant
klanke in koormassa van die Karoo se een na ander kant
met intervalle tussen bossies en vaal grassies
terapie wat elke siel en gees as komposisies verkies
‘n liedjie tolbos oor die vlakte die kleurspel sonsondergang in
om te vertel hoe ek jou en die Karoo bemin
wanneer sal my voete klopdans waar ek die sterre kan aanraak
as ek tussen berge ritmies galop met kliprante wat waak
oor dorstige aarde so tevrede oor so min genade druppel
en lammertjies uitgelate langs mammas huppel
waar kry jy in dertig minute die sonsondergang wat in ses kleure speel
by jou my Karoo waar ek my nie oor God se teenwoordigheid hoef te vebeel
daarom sing ek woordeloos sonder note op stilwees musiek
‘n loflied oor jou Karoo as ek dansend stof opskop in my hartsvreugde-fliek
ek sing oor die Karoo
genadeplek geskenk van bo
op stilwees musiek sing ek ‘n loflied
vol hartsvreugde wat dit my bied
‘n loflied oor die mooi Karoo
genadeplek geskenk van bo
©Kopiereg Linda du Plessis 11/2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Linda, dankie vir nog 'n inskrywing hoor.