Jongste aktiwiteit:

kasteel


op duine
staan daar ‘n kasteel
deur eeue se winde
uiteen geruk

bou jou huis
op vaste klip
sodat jy van binne
sterkte bereik

bou jou fondamente
op klip plate van krag
sodat jou kasteel
onindringbaar is

op duine van lewe
staan jy in onweer
verrinneweer en vaal
net liefde smelt saam

wat oorbly
van jou kasteel
na storms vergaan
sal kinders verstaan

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Yolandi het n geregistreerde lid geword

  • Hermien het n geregistreerde lid geword