Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: DIEFDIGTER

Deur Caren Kearley
Datum gepubliseer: 19 Junie 2022 Aantal woorde: 118 96 Kere gelees 6

DIEFDIGTER

Ek skryf omdat ek weet dit is waar
dat jou tong in my ink verdrink het
dat my verse om jou katedraal
dat my asem hunker na jou honger
ek skryf omdat ek weet dit is waar
dat jou stem ons soms kom haal
hier in my Valkenburg
waar ons weet dit is waar
dat as ek oor jou skryf
jy nooit ooit sal sterf nie
want digters steel
van mense soos jy
jou stories
jou oë
jou stiltes
jou lewe
jou siel
ek skryf omdat ek weet ek is ‘n dief
want ek weet
jy weet
wat ek voel
is hier en nou
en alles om ons
is hoopeloos te waar.

© 6/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 202
Kommentaar telling: 34

Ek het groot geword in Namibia en meeste van my tiener jare in Namaqualand spandeer. Gematrikuleer in die Paarl by La Rochelle Hoër Meisieskool en onder andere ‘n diploma in aankopebestuur verwef by Varcity Kampus in Rondebosch.  Ek woon tans saam met my  twee dogters in een van die mooiste Bolandse dorpies, Wellington. Ek doen balsaal dans vir ontspanning en boks vir selfverdediging  Solank as wat ek kan onthou maal woorde al deur my kop. Om gedigte te skryf was nog altyd my manier om sin te maak van die lewe.  Vir my kinders sê ek altyd dat kunstenaars onsterflik is en indien my gedigte ooit publikasie haal, sal hulle vir altyd ietsie van my hê. My wildste verwagtinge is oortref, toe ek uiteindelik ‘n digbundel in my hande vashou waarin ‘n paar van my gedigte verskyn.  Nou is ek dankbaar vir ‘n talent wat ek miskien te lank weggesteek het en dus beplan ek nie om verder tyd te mors nie. My grootste droom is om eendag ‘n klein bydrae te lewe in die bevordering van Afrikaans deur my eie digbundel te kan puliseer.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 168 gaste aanlyn

Bydraes – Argief