
koffie
–
wat is opstaan sonder koffie
wat is koffie sonder beskuit
–
soggens wanneer son oos rooi verf
mens verneem van almal wat sterf
–
dan kom die geur van boeretroos
wat klein en groot in liefde vertroos
–
kom daar die geur in kondensmelk koffie
dalk die bevoorregte met vars plaas room
–
regte, egte koffiebone gemaal en gerooster
om te pas by my boere-mond en eie smaak
–
dit is die kern van boere-mens se opstaan
sy bedagsame dagbreek en werklus tot saans
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.