
Bakersman
in die rookmis
van Main verkeer
langs duisende mense
verskans in staal
staan twee bondels klere
in skraal skelet
werkers stroom verby
bestuurders vol gedagtes
van besigheid wat prut
in kantoor en koffieshops
tuur uit nuwe motors
handgaring verbind
vaar twee bondels klere
die vloed binne
om saam
deur te gaan
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.