Lelie van Saron
lelie bedrup met môredou dormant was jy vir te lank in vergetelheid toegevou vasgevang weggesteek in jou eie bang verstik in barre aarde gefetus binne mure van jou binnekamer was jy van geen waarde verlang jy na iets beter het jy gewag gebid gesmeek tog geweet God sorg vir jou die reën kom verseker toe […]
My Engel
Toe jy gister soos ‘n mooie engel langs my hospitaalbed verskyn met ‘n vaas met die mooiste blomme daarin, eetgoed en ‘n teddiebeer, was ek aangenaam verras. Maar toe jy langs my bed op die stoel kom sit en onbeskaam my bo-arm vat met beide jou sagte hande en jou kop met jou lang voshare […]
Padlangs …
skryf weer vir my ‘n mooi gedig laat breek die dag in rym skryf dit tussen Colesberg en duskant Bloemfontein (Bo die groot Karoo waar die skadu’s diep agter donker heuwels, ver vlug ‘n raafswart kraai met ‘n wye draai en verdwyn oor die Gariep.) vertel my waar jou skape wei langs die huppel van […]
Die edel van amber
In Pole – waar dit koud is – aan die Baltiese-see se kus in ‘n land van baie sneeu en reën en mis het – miljoene jaar gelee’ – ‘n boom – in immergroen geklee – harstrane oor haar stam laat loop warm-goud in kleur en muskus was die geur harpuisgom het uit wonde van […]
Ek kom haal jou in Augustus
By Postberg, aan die Weskus digby Langebaan – dis waar madeliefies weer vanjaar so geil oor vlak en rante staan. En teen die duin’ – daar waar hul strandlangs hou – blom vaalblaar salies roes en blou langs die oranje, wit en geel geweef waaroor meeue op die winde sweef. Die blesbok en die eland […]
Godgegewe lewe
Die geringste een geseën my gebede verhoor ek uitverkore een ‘n stukkie ewigheid groei in my die wonder van Godgegewe lewe wat in my ‘n mens gestalte kry dankie Heer dat ek ‘n ma kan wees ek dra in my ‘n nuwe lewe ‘n kind van hoop van wat kan wees ek wil jou […]
‘n Bossie jakkalsblom
Ek word dryfhout in die rivier êrens, êrens moet ek soek vir die chemiese stroom ‘n stroom wat my sal vat tot waar ek weer kan droom Ek hoor die rivierlied en die wind wat asemhaal ‘n hadiba lag vir die son dryf by my verby ‘n bossie jakkalsblom Op die grasvlakte duskant die kronkelende […]
‘n Psalm vir my ma
‘n Psalm vir my ma Ma, die woorde uit jou mond is altyd soet – soos die fynste suiker, soos heuning – elke gedagte uit jou hart. Al swerf ek oor die hele aarde heen, al sou ek elke huis en ruimte verken – nêrens sal ek jou gelyke vind nie. Want jy is soos […]
gevlerkte gees
O Heer gee ons ‘n duif ‘n gevlerkte gees wat ons land kan deurkruis nie onreg en seer te rapporteer maar gulsige bekke te sluit gierige kloue te keer ‘n duif met ‘n olyftak ‘n gevlerkte gees wat ons een lied saam laat sing wat gaan sit op elke huis se dak wat ware vrede […]
Verstol in die doodsheid
Op ‘n pad iewers teen ‘n hang is ‘n man sonder hoof hy klou krampagtig vas aan sy perd se stang Sy perd ploeg die lug in sy ylingse vlug hy weet die dood volg hul soos skadu’s oor die kloof By ‘n huisie verby gil ‘n vrou onbedaard en bang sy herken haar man […]