Voet in die wind (Brons)
Dit is Sondag, en die kerk is stampvol mense. Nagmaal word bedien, elkeen neem ‘n stukkie van die ongesuurde witbrood, en ‘n slukkie uit die beker. Intussen steek daar is swaar storm op buite, die volgende oomblik ruk ‘n wilde wind die kerkdeur oop. Wild verskrik begin ‘n klein seuntjie te huil en kruip onder […]
Mountain Splendour Oord.
Dit is winter vakansie en Peet en sy suster Ina kan nie wag om hulle tasse te pak nie. Hulle is vreeslik opgewonde, dit gaan die lekkerste vakansie nog ooit wees. Hulle ouers het ‘n hut hoog bo in die Drakensberg geboek vir drie weke lank, waar die sneeu dig lê. Vroeg die volgende oggend […]
As Die Donker weer kom
Jy bou ‘n huisie van kaarte. Elke kaart ‘n hoop. ‘n Droom. ‘n Wens. ‘n Aspirasie. ‘n Verlange. ‘n Begeerte. Jy werk hard. Jy glo. Hierdie gaan ‘n pragtige huisie wees. En dan, kom ‘n wind en die huisie stort in duie. Dalk is dit nie eers ‘n harde wind nie, maar ‘n ligte bries. […]
Spitsverkeer deur Lynelle Clark
Spitsverkeer is refleksie tyd, veral wanneer jy wag om jou eindbestemming te bereik. Dit is die tyd wat jy werklik luister, hetsy na musiek, die dag se nuus of in gebed met die Hemelse Vader. Ander kere kan dit ‘n heerlike kuier tyd wees. Juis omdat jy en jou reisgenoot afhanklik is van mekaar se […]
Hier
Dit is laatmiddag toe my bande hand skud met die grondpad. Soos ou vriende in omhelsing kleef die stof aan die rubber terwyl dit kort-kort in omwenteling terugkeer en elke maal weer van vooraf met die sand kennis maak. Ek was nog nooit hier nie maar my siel onthou iets. Ek vermoed dit is my […]
Deel 5 Die slotsom van Huismoles
“Ek kan nie die saak net so laat nie. Daar is Annelien, net om een te noem.” Roep Smittie gefrustreerd uit. Die geveg is nou behoorlik aan die gang en Peet weier om bes te gee. Met sy laaste kommentaar weet sy hy sal dit deurvoer. Om met haar baas te gaan praat sodat sy […]
ZAC
ZAC Begin honor bright dink ek is swanger; nee kyk… nou die dag was ek belustig vir Wilson toffies; en vandag is dit na ‘n groot, dik sny van ant Dores se: Double thick creamy Madeira cake with extra chocolate shuffles and cunning-wild rum-ambiance (more like ambulance, as jy my vra), kon nooit uitvind wat […]
Lucy Leer Loop
Petrus is nie seker hoe hy hierdie opdrag gekry het nie. Blykbaar het iemand in die hoër range vertroue in hom. (In ‘n latere oomblik van helderheid het Petrus onthou, sy pa was ‘n Generaal in K.O.P.P.) Dit was Petrus se eerste week in die pos, en in sy persoonlike opinie was hierdie ‘n redelike […]
In die begin (Brons)
Adam het gedink die kort advertensie is ‘n grap: “GESOEK: Iemand om terug te reis in tyd. Bel 9021234567. R50000 betaling op terugkeer. Eie wapen opsioneel. Slegs ernstige aansoeke.” Maar hy kón nie anders nie en die nommer gebel. ‘n Geoutomatiseerde stem het ‘n adres gelees, en Adam het by ‘n stokou, gebou in Sunnyside […]
Genesis II (Brons 600 woorde)
“Dagboek inskrywing 20 Maart 2025. Wie van ons het nie al aan die groot D woord gedink nie? Daardie “Doomsday” profesie wat onder die mat ingevee word. Jy steur jou nie daaraan nie, maar tog krap dit in jou agterkop. Wanneer jy na wêreld statistieke kyk besef jy dat dit dalk nader is as wat […]