DIE MUUR.
Man en Vrou en baie ander mense woon langs ’n baie hoë muur. Hulle kan hoor hoe lag en gesels mense aan die anderkant. Soms is dit tjoepstil. So stil dat jy die bye hoor zoem en die krieke hoor kriek-kriek. Hulle weet dat die ware lewe aan die ander kant lê. Hulle was eens […]
Die Mis (silwer)
Dit het ons drie dae geduur voordat ons vorms in die mis begin sien het. Alhoewel ek die ander met toorkrag aan my vasgemaak kon voel, kon ek hulle nie sien nie; selfs my eie hande was ‘n wasige gemors – my oë help my glad nie. Die mis het op ons neergedaal die oomblik […]
Drake Plaag (Silwer)
‘Skraap dit af voordat jy die mat vlek!’ skree Marge terwyl Red grot binnekom. ‘Jig! Jy kan nie deur die bos loop sonder om in draakmis te trap nie. Het jy al iets omtrent die plaag gedoen?’ Hy skud sy kop en haal sy hoed af. ‘Duidelik nie, of my gunsteling skoene nie nou so […]
Die een wat weggekom het (silwer)
‘Ek vra nie dat jy my vlei nie.’ Ek kyk na die nuutste lid van my span deur vernoude oë. ‘Ek verwag egter dat jy my moet gehoorsaam.’ Ek sien hoe hy sluk, hoewel hy dit probeer wegsteek. Die kamer is stil, asof dit wag vir iets om te gebeur. Kerse flikker in die briesie […]
Huismoles
Deel 4 Die vroeë oggend gebeure het hul albei in ‘n staat van lamheid gelaat. Nadat die paramedisie Smittie ‘n migraine inspuiting gegee het, het sy gaan bad. Fotos is ook geneem van haar voorkoms en sy het net ‘n begeerte gehad om skoon te kom. Peet se wonde is ook verpleeg terwyl die polisie […]
SLAAPTYDSTORIE
SLAAPTYDSTORIE Huh-uh, hierdie is nie een van daai verspotte stories wat die Grimboeties uitgedink het nie….. Natuurlik was dit eers verspot gewees; jinne! Ek het nie erg aan simpel meisiekinders wat gifappels eet, en by beertjies se huis inbreek, en hulself deur `n spinwiel laat steek om ‘n leeftyd om te slaap nie. Ek het […]
Deel 3 Galbitter en koud
Deel 3 Die skok op Annelien gesig vertel sy eie verhaal; sy was onverhoeds gevang. Haar aanvaller het haar verskeie kere met ‘n skerp voorwerp geslaan. Haar borskas verander in ‘n rooi speldekussing. Bloed lê wyd versprei om haar. Een skoen lê verwese eenkant, haar skouersak oop. Die inhoud in die bloed verdrink. ‘n Foto […]
Die huis in Terrace straat
Deel 2 “Hi jy, het jy die vorm gekry?” hoor sy Rietjie, en sy draai haar kop, diep denkend, nie seker wat om te dink van die snaakse gebeure nie, en antwoord. “Ja,” en swaai die vel papier voor haar kollega se neus. “Goed, ek vul net gou die vormpie in. Wat dink jy?” “Iets […]
Smittie en die verdagte polisieman
Deel 1 “Wat maak jy?” Rietjie se stem klink amper eentonig oor die foon, ver af en Smittie skuif weer aan die foontjie aan haar hoor. “Ek is besig met my logbook, maar my woorde is op. Ek het geen idee wat om by hierdie afdeling te skryf nie,” verklap Smittie ongeduldig. Al hoe meer […]