Ons
Vanaand mis ek ons. Ek mis sorgelose skater en ondeundheid wat sonder skaamte of toestemming in ons oë kom vonkel. Ek mis laat aande en glase wyn. Ek mis die musiek wat ons harte ligvoets en onopmerklik aan mekaar kom snoer het. Slu het elkedag en maandeindes hulself met dieselfde onopmerklikheid in ons gedagtes kom […]
Moord op Duiwelslaagte Deur Lynelle Clark
“Kyk hierna Kaptein!” Roep die jong konstabel opgewonde uit terwyl hy in gehardloop kom en hou ‘n opgefrommelde voorwerp uit na hom; vir ‘n oomblik vergeet Shozi van protokol, sy eerste moord saak laat hom skoon lighoofdig van opgewondenheid. Kaptein Swanepoel kyk op van sy notas, ‘n flitsende oomblik geirriteerd met die nuwe toevoeging tot […]
BLIKBEKER
BLIKBEKER Jy sal altyd ‘n: HANDLE WITH CARE Sticker op fyn porselein kry. Omdat en oordat ‘n harde stamp of valslag dit kan laat skipskop-stukkies breek. Maar nooit-ooit, nimmerimmer sal jy daai graffiti op ‘n ou onaansienlike blikbeker kry nie – sien; ‘n blikbeker is mos veronderstel om byna onbreekbaar sterk te wees. Maar. Maar […]
Tekkie tone
Wie hou nou nie daarvan om skoene persent te kry nie. My dogter trek en gooi uit. Sy weet. Onse voetjies is pasmaats. Dit wat sy nie meer wil hê nie, kom na ma toe en vica versa. So land daar ‘n paar pienk tekkies in die skoendoos. Ek sit plat op my agterstewe in […]
DIE DAG DAAR BY ‘HABAKKUK HERBS AND SPICES’
DIE DAG DAAR BY ‘HABAKKUK HERBS AND SPICES’ My woordemaak gaan jou seker vandag verveel, Bokkie my babie; maar my wise-ass hart wil hulle maak en sy laat haar nie deur my voorsê wanneer om te tula en wanneer nie. Ek kan nie help om weer te dink aan teetyd in die Hemel nie; op […]
MARKDAG.
Die kerkraad is in sitting in die tempel van Jerusalem. ’n Vreemde versoek was aan hulle gerig, deur ‘n werklose man. Dié versoek maak eintlik nogal sin. Hy het verduidelik dat hy sien hoe pelgrims van heinde en vêr kom om in die tempel hulle offers te bring. Dit moet diere sonder gebrek of besering […]
LIEWE JESUS HET MY BLUEPRINT ASPRIS ANDERSTERS GEMAAK
LIEWE JESUS HET MY BLUEPRINT ASPRIS ANDERSTERS GEMAAK Ek het ‘n paar moesies in my gesig. Nee man! Nie van daai wat so knobbel staan met die hare wat daaruit groei soos mens dit altyd in daai stupid heksestories sien nie. Dis meer so kruis tussen n moesie en n beautyspot. Het al komplimente (glo […]
Briewe van my pa
Dit is ‘n koue wintersdag in september,donker wolke wat die hemel verdonker so asof duisternis sy aangesig wys,maar die duister wat ontkiem is van ‘n ander soort. Gaan julle tweetjies en gaan koop gou brood en melk vra moeder sagliks net om die somber gevoel in die huis te begogel,om die hartseer wat kom te […]
TEETYD SE ONTHOUGOETERS
TEETYD SE ONTHOUGOETERS Ek sit en drink tee en dink sommer aan n klomp goeters; en toe kom val teetyd in die Hemel oor my hartstafel nes n bruidssluier vol skitter onthoupêrels…. Meneer was nes Sy Seunskind. Hy het nooit omgegee of geraas as daar per dalks per ongeluk ‘n teedruppel of ‘n stukkie Sunsparkle […]