Skewe Bakke
“Hierdie kaste moet reg gepak word.” Begin Naomi beslis. Vir ‘n tyd lank het sy haar geduld gehou rakende die onpraktiese kombuiskaste. Alles was in wanorde. Elke keer wat sy iets wil doen moet sy handeviervoet rondkrap in die kas om die bepaalde item te kry. Die meeste van die tyd ‘n vrugtelose gesukkel wat […]
KUIERS BY MY OUMA OP UNIONDALE 1
KUIERS BY MY OUMA OP UNIONDALE Vakansies kuier ek by my ouma op Uniondale. Ek het ‘n Oupa ook daar gehad. My oupa was ‘n waterwyser en ‘n boorman. Eendag boor hy toe ‘n plaasboer naby Robertson se dogter in die ander tyd in. Toe die boer uitvind van die vleeslike boordery wat op sy […]
BRIDGETTE EN BERNADETTE
BRIDGETTE EN BERNADETTE Lê gisteraand wawyd wakker in my bed en dink sommer aan als en nog wat en wat nog als: toe ek skielik uit die ver bloute onthou van Bidgette en Bernadette. Daai laerskooldag toe ek die 2ling ontmoet het het ek uit die een of ander misplaaste ordentlikheid niks gesê nie; maar […]
Bloeisels vir Cindy
Donkerblou wolke pak saam, dit begin liggies te drup. Cindy stop in die parkeerarea en klim uit haar motor uit. Sy kyk in die blou lug in en voel die fyn druppels op haar mooi gesig val. Swaar reën is oppad en sy moet vinnig by die koffiewinkel in stap sodat haar mooi gekamde hare […]
KOM ONS GESELS OOR MAANDAE
Maandae val vir my in dieselfde kategorie as rollmops, olywe, oneerlikheid, tandarts en die winter – NOT AT THE TOP OF MY LIST! Maandae is vir my skokkend naby aan Vrydae. Ek bedoel, mens het nog net begin relax dan is die naweek verby. Maandae, voel dit vir my, vang my áltyd half onverwags en […]
VROUWEESGEMAAK EDMS =BPK)
VROUWEESGEMAAK EDMS (BPK) Ek is maar net ‘n vrou wat partykere se soms aspris middel/deur kan breek. Al is ek die tawwe, onverskrokke GhwarriegatQueen. Ek is meer van ‘n vrou as waarvoor volk en Vaderland my sal wil kredietgee. Ek mag eendag lank-lank gelede saam met die duiwel geslaap het en tussen Satynlakens my bene […]
Opelug
“Dit is nie wat ek bedoel het met ‘onsigbaar’ nie,” sis Malachi. Die skare versamel om hulle en vul die amfiteater. “Ontspan, niemand kyk na jou nie,” sê Beau, leunend teen ‘n boom. “Hoekom sou hulle? Ek is korsmos!” “En?” “Ek het jou gevra om my onsigbaar te maak, nie onaangenaam nie!” Beau lag. ‘n […]
Poetsbakker
“O, almal het gedink jy’s mal,” sê die groen-gevlekte wimple-feetjie en grinnik van oor-tot-oor. “Ek bedoel, wie sou gedink het dat ‘n ridder so ‘n wonderlike sangstem sou hê?” Die dawering in Dylan se ore verdrink die musiek, die lag van die partytjiegangers en als anders behalwe Michael se gesig. Hy wou sy swaard trek […]
SOMMER NET DIE GHWARRIEGATQUEEN
SOMMER NET DIE GHWARRIEGATQUEEN Ek’s al van vroegdag af al hier op my eie persoonlike Ghwarriegat – het gesien hoe die son sy strydwa van vuur en lig inspan vir sy kruistog deur die hemelruim. Kom nader en sit vir ‘n wyle – just an eternity a while – hier by my; toe. Die ketel […]