Straal Jy Selfvertroue Uit?
Soms is dit so maklik om vas te kyk teen die onmiddelike dat ons nie die groter prentjie raaksien nie. Ons lewe so ingewikkeld en soms selfs donker dat ons vergeet om te glimlag en net die nuwe dag te omhels. Maar soos met alles in die natuur het ons lewens ook seisoene. En jy […]
As die liefde dan waansinnig is, mag ek nooit weer my sinne raakloop nie.
As kind droom ons van die ridder op die wit perd, verlees ons aan Aspoestertjie en Sneeuwitjie en bou lugkastele rondom die sprokiesverhale. Dogtertjies na-aap hulle (met die hulp van die mammas) en trek aan soos hul gunsteling prinses. Pappas help ook met hierdie illusie en so glo die kind dat dit ‘n werklikheid is […]
Deel 2 Hoe sien jy vrouwees?
Hoekom kompeteer ons teen mekaar of is ons jaloers op ons susters? Het julle al opgemerk hoe mans kommunikeer? Hulle sal mekaar nooi vir ‘n bier en vir ure gesels oor die mees onbenulligste dinge en bande word gevorm. In ander kringe sal een ‘n pyp opsteek en word die pyp van man na man […]
Hoe sien jy jou Vrouwees?
Heel moontlik het julle self al baie oor besondere vroue gelees en geluister in hierdie maand en voel hopelik geinspireerd deur dit wat julle gelees het. Vrouens is dinamies in eie reg en ons hoef vir niemand terug te staan nie. Nie net is ons moeders nie maar is ons ook versierders wat die lewe […]
Skaduwees van gister
Hoeveel keer moet ‘n mens wegkruip? Hoeveel keer jou kop laat sak in skaamte, die skouers optrek in ‘n radelose weet-nie gebaar? Hoeveel keer gaan die skaduwees jou rond jaag en in ‘n hoek vaskeer? Ons verlede gooi skaduwees maak nie saak die oorwinnings of deurbrake wat ons beleef nie. Dit is hierdie skaduwees wat […]
Stem in die Woestyn
Ek kan met eerlikheid sê dat ek goeie jare geken het. ‘n Oase waarin ek versorg, beskut en genoeg gehad het. Hierdie tydperk het my baie geleer van myself. Maar dit was ook ‘n tydperk van agteroor sit en verwag sonder om werklik iets by te dra, afgesien van die grootmaak van my kinders. My […]
Tyd genees
Die winter is behoorlik hier en ‘n mens is geneig om stadiger te werk… seker oor die dik klere wat ‘n mens aan het. Die wind huil behoorlik hier om die huis wat die koue behoorlik onderstreep. So trek daardie warm koffie nader en dan kuier ons heerlik saam. Vandag se program is nie baie […]
Deel twee Vind jou voete
Vervolg van Deel 1, Ek wil tog ‘n paar oomblikke afstaan aan weduwees en wewenaars wat die afsterwe van ‘n lewensmaat moet verwerk. Die verandering kom soms skielik, wat jou rigtingloos en ongebalanseerd laat. Of, as gevolg van ‘n lang siekbed, beskou jy die dood op daardie oomblik as ‘n lafenis weens die swaar lyding […]
Deel 1 Vind jou voete
Metamorfose; die proses waar steenkool in ‘n pragtige gepoleerde diamant verander. Dit is tydens hierdie proses waar jy jou voete gaan vind en weer die lewe in die oë kyk. Die goeie nuus is dat dit nie die einde van die proses is nie. Met Augustus wat vrouemaand as tema het, lees en hoor jy […]
Wag is nie vir sussies
Teen die tyd moet ek al ‘n Meestersgraad hê in wag. My pad met wag het al jare gelede begin. Ek moes omtrent 27 gewees het toe die woord die eerste keer my pad gekruis het. Ek praat nou nie van wag vir kos, of wag jou beurt af, of wag ek is nou besig […]