Die spieëlvrou
Kritiek word verwelkom Anders as die meeste van ons is die spieëlvrou baie geduldig. Haar beeld ‘n konstante herinnering van wie jy is, wie jy geword het en selfs jou tekortkominge word onderstreep deur haar. So in die stilligheid is haar teenwoordigheid ‘n vingerwysing en vermy ons haar eerder as die spreekwoordelike wit olifant in […]
My Erfenis: my pot goud aan die einde van die reënboog.
My verhaal lê opgesluit in my geskiedenis. Dit is verweef in elke sandkorrel, gevormde klip en die fynste veld blom van hierdie land. Van die Ooste tot die Weste, van die Suide tot die Noorde is my storie verspreid. Daar is geen area in hierdie mooie land waar jy ons nie sal vind nie. Oor […]
Verstote en verkluim
Terwyl ek my jaarlikse verskyning maak, raak die gemeenskap diep bekommerd dat die haweloses nie die koue van my besoek sal oorleef nie want sien, ek ontdek hulle waar hul in deurkosyne teen my koue asem skuil, onder brûe versteek lê en selfs in daklose geboue langs ʼn oop vuur saamdrom. Ai, dit is vir […]
Ek is ‘n rassis!
Ek is ’n rassis. Ek het nie self so besluit nie, inteendeel, dit is nie eers iets wat ek myself sou noem nie. Ek vereenselwig nie met hierdie term nie. Dit is aan my gegee en ek is daarmee gedoop en daarvan beskuldig. En nou word ek daarvoor gehaat. Wat ek wel is, is ’n […]
Hoe lyk jou voetspore?
Ons loop daagliks verskillende paaie, elke pad het sy eie bestemming, verwagtings en eise op ons tyd, intellek en vermoëns. Ons beweeg tussen mense ‘n groot gedeelte van die dag, raak betrokke by groepe, leer almal ken of stoot mense weg na gelang van die situasie. Ons kommunikeer, deel gedagtes, lag, huil en skinder soms […]
Sonder winter
Wit lê die ryp op die gras, heeltemal in kontras met die stomende warm beker koffie tussen my hande toegevou. ‘n Koue wind waai deur my lyf, en my gedagtes krul op tussen ‘n hoop droë blare op die grond. So is elke verhouding ook, sommiges bly groei ander gaan gou dood. Dit is soos […]
Sinnelose plaasmoorde
Dit is iets wat ek nog nooit kon verstaan nie – om die mense wat hard werk om jou pens vol kos te hou, gewetenloos te vermoor. Soos my pa altyd gesê het, moet nie in die water dinges wat jy moet drink nie. En om die mense wat vleis en groente produseer sodat die […]
Moedertjie se dag
So byna versluk en verstik ek aan die soet tee toe Hubby sê hy beheer ons nou. Die ‘ons’ is natuurlik Ano en Guppy, en hierdie mens hou nie van sulke liederlike vloekwoorde nie. Toe hy sien dat ek hom nou ernstig stip aangluur word dit inderhaas reggestel. Nee sien, hy bedoel eerder dat hy […]
Lag tog ʼn Slag!
Die koms van die internet het ons lewens totaal en al verander en genadiglik ook die deure oopgemaak tot soveel meer holistiese en alternatiewe behandelings. Dus, niemand het nodig om slegs op die (soms verouderde) kennis van sy mediese dokter staat te maak vir liggaamlike- en geestelike gesondheid nie. Alhoewel die era van pille en […]
Bring my die ou-ou tyding
As daar nie verskillende menings bestaan nie, sou ons almal absoluut dieselfde gelyk, gedink en gedoen het. Miskien is dit waarom die mense wat modes slaafs navolg, so verveeld, vervelig en tot vervelens toe oninteressant eenders kan lyk. Dieselfde geld vir boeke en ander geskrifte. Dit is mos lekker om iemand anders se idees te […]