Sinnelose plaasmoorde
Dit is iets wat ek nog nooit kon verstaan nie – om die mense wat hard werk om jou pens vol kos te hou, gewetenloos te vermoor. Soos my pa altyd gesê het, moet nie in die water dinges wat jy moet drink nie. En om die mense wat vleis en groente produseer sodat die ander drommels soos ek kos het om te eet, is mos moeilikheid soek!
Dan is daar diegene wat ontken dat plaasmoorde bestaan. Of is dit dalk net die regering wat so dink?
Meestal word dit beskryf as uiters gewelddadig, miskien omdat die aanvaller baie tyd tot sy beskikking het. As ʼn stadsjapie weet ek nie of plaasmense CMS (Community Monitoring Services) groepe en alarms het nie. Dit is nie asof die bure binne hoor- en stapafstand is nie. En daardie kosbare minute of ure gee die geweldenaar genoeg tyd om die mense tydsaam en op die wreedste denkbare manier te vermoor. Niemand se gille word gehoor nie.
Dikwels is die aanvallers kwalik uit hul skoolskoene. Regte moeilikheidmakers wat niks anders het om te doen buiten om na opstokers se toesprake te luister nie. Waar gaan dit ophou? GAAN dit ooit eendag ophou? Is daar hoop?
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Hoop moet ons hoop! Ja, hoop is altyd daar, maar ek vermoed je verder weg, je sterker. En MY hoop in duisende kilometer afstand is karige troos vir die die betrokkenes. Spitsvindige ou Toom het g'n vlot spreuk wat hy kan loslaat nie. Hy kan net hoop. Ek bid om vrede. GvT