oneindigheid
die heelal is oneindig groot die pad na faseruimte is oneindig klein jou nuldimensionaliteit besit geen ruimte daarteenoor die oneindige beweeglikheid van God se skeppingsheelal waar ruimte elke oomblik oorvloedig gebeur verleng een haarbuis van hier tot in die buitenste ruimtes dan bevat dit onberekenbare volumes lug gaan op reis van hier […]
rondomtalie
waar meeue rondomtalie draai kouefronte ritmies oor ons draal krappe en skulpe oor strand beweeg daar lê my duin vandag lê hy skuins na gisteraand se stormwind maar nooit is hy dieselfde gevorm deur golwe se baljaar so rondomtalie my gees gedagtes en drome uitgevars uit lang winternagte se geswoeg om […]
dele
nou ken ons nog maar net ten dele later sal ons dalk alles ken hare, oë, ore, neus, mond, tande, lippe, kop, gesig, nek, arms, hande, bene, voete, tone en knieë so baie om te weet kuier ons op die Maan trek geen swaartekrag ons aan gewiglose ruimte reisigers verloor spiermassa gedagtelose mens verloor […]
Die brandmerk van die elle
Volgens alle sedes van ‘n linkerklou se seges- “Jy met die hand van sonde” Jy dra die brandmerk van ‘n onhandige kryger; erre-erre-erre, kik al van ‘n paap, tugtig alle elle- volg die inkgevlekte palme, Dis die duiwelshand! Tot in hedendaags, ‘n allemintige geveg Self die buurman glo hy’s reg. Da’Vinci steek dit selfs weg, […]
hand
uit jou hand weerklink dit van kant tot kant weinig is bekommerd of dit links of regs gaan val elke gedagte van links of van regs word soms interpreteer as aweregse snert o my hert © Tearlach.
sorg
die sorge van die dag laat nie op hul wag sorgsaamheid is ook lydsaamheid om vir iemand te sorg om versorg te word so dra elkeen sy eie sorge ouers dra dit dubbel terwyl kinders siele sonder sorg kan wees totdat hulle groot word om hul eie sorge te kan dra moedersorg, pleegorg, bejaardesorg […]
hekel
sistematiese bewegings oneindige geduld gekromde skraal vingers hekel daar ‘n doilie uit oor my duin spoel die herinneringe dit hekel aan my gedagtes dit verwoes soms in verwyt dan breek mooi herinneringe weer deur die spierwit waterbries soveel doilies al op my gewete deur hekelaars ontbloot lê die slagveld van onbeantwoorde drome my skippie […]
verifieer
na nog byna sewe ure se onproduktiewe wag kan ek die bewering maak dat helfte van amptenare sertifiseerbaar onbekwaam voortploeter in hul eie domein ek kon dit verifieer na aanleiding van tyd kliënte gediens per uur eie ervaring en aanhoor van byna dementiese swak poging tot humor van een toesighouer wat telkens gemoedere […]
’n Man van St Lucia se strand
#Limeriek ’n Man van St Lucia se strand het kitaar gespeel met sy hand.hy sing toe so skeef, dat geen seemeeu oorleef— toe het hy die kitaar maar verbrand. ©Nicola Brown
As Die Grond Kon Praat
As Die Grond Kon Praat my hande dra roumoedige merkevan diep arbeid swerwelwerke‘wyl stiltes as getuies eerbaar sterkstaan soos offerandes sonder perk my oes het stil gebloei in stofmet gebroke hande gaaf en grofgeen gouelepel geen sagte handnet eelte wat soos waarheid brand waar pyn en plig mekaar ontmoeten stilte dikwels trane voedmy pad gekerf […]