Die aanhoudendheid van tyd
Vincent was nog in sy kas, toe kom Dali, sy miere en ‘n tas. Ons kyk na lewe deur ‘n skyfie glas en hou aan die skoene wat pas; sandkorrels syfer egalig in die aanhoudende verweer. Geweer-geweer, vra ‘n Cowboy oor sy geweer; ‘n boesman loop verby sy seer, die korrels val, die korrels val… […]
kies
om te kies en keur sout seelug se geur huis se warm kaggel reuk bloekom of kameeldoring dalk rooikrans se taai wat vasklou aan lug sny Suid-ooster se gekerm jou dag op in stukke van binne-buite sketse van sonlig wat jou vel verwarm teen wintershande genade onbeskryflik groter as die grootste smartvervulde dag […]
Lewenspad seisoene
Brons afdeling Lewenspad seisoene Seisoene wroegend in my lewenspad vanaf noord na suid soveel ervarings gevind deur ons land voorspoed uit God se Genade uitspruit Winter met sy koue teleurstellings onseker en bekommer tyd vir volle regstellings met warm vrolike geluk van Somer Lente met sy blommeprag blare val af en […]
troos
troos, trooster, vertroos . vroeg oggend se koffie regte, egte boerekoffie troos sny die bitter winterkoue in flarde sterk koffie met ryk melk of room met teelepel heuning, nie suiker wat maak die hart sommer warm met gedagtes van vrede, vreugde beter as troos ‘n tros koffiebone gepluk van arabica gedroog en gerooster […]
Volg my voetspore seun
Kan jy dít met oortuiging sê ja jý! wat het jý in sy lewe belê trap jy spore in skadu’s wat jou seun wil lees boodskap jou spore Sy gees tyd-spoor jy die morele-sand van die lewe jou gegewe sal hy die skadu’s van jou spore volg buig of bewe of laat jou spore almal […]
Realiteit
spore in die sand vergestalt in skadu’s van tyd geïntegreerde polsslag van realiteit —–ooo00ooo—— ©Pieter Mostert
Guadalupe se getuienis (Goud)
opgewonde word die reëlings finaliseer maats wag vir Kamp Mystic om te realiseer afwagting groot en niemand kan meer wag daar is soveel om na uit te sien en nog meer almal arriveer en die spanne swaai hul vlag in saamstaan en kameraderie lê daar krag aankoms word gevier, gereed om te leer van ryke […]
dogma
dogmatiek, dogter van dogma grootoog meisiekind wat almal bekoor gebasseer op beginsels deur owerhede as onteenseglik waar gepubliseer basis van geloof en ideologie dogmaties kom jou verse deurspek van onheilige beloftes van selfontdekte profetiese redes ek is die verkose een – ek is gekies bo almal om my, slegs “ek” na […]
As my tyd uitloop
AS MY TYD UITLOOP Die tieker tik die tyd af en staan nie ‘n breuksekonde stil. en met elke sekonde wat hy aftik, word nog iemand in die wêreld stil. Een word gebore en een gaan dood en gister se môre word vandag se oomblik. Dae, weke, maande, jare vlieg verby en tyd neem weg […]