Jongste aktiwiteit:

Lede bydraesGedigte(Bladsy 117)

Oggendgenade Soos ‘n slinkse satan seil hy tot in my wese, my wese wat worstel met ‘n wriemelende vyand, ‘n wriemelende vyand van vrede en gemoedsrus – gemoedsrus begrawe in gragte van pyn, pyn permanent in polsing, polsing van kop tot tone, tone tree vir tree… nóg nié… Dan kom klop die dagbreek aan my […]

jou sagte blanke vel gesuiwer met karringmelk trek ooglik aandag met rosigheid op jou wange wat effens gloei soos witperskewang kerf jou glimlag jou emosie uit op veelseggende gemoedstoestand wat sigbaar soet of suur wys hoe sou ek kon weet dat jou skoonheidsgeheim na soveel eeue uit Indië, Egipte of Mesopotamië kon kom © Tearlach. […]

See gesig Donkerblou plooie dartel oor ‘n blou-groen hoof ‘n kaneel gekorrelde kroon glinster met splinter skulp pêrel gevlerkte krale versier mocha bruin wenkbroue skerp koffiebruin oë knipoog met sagte spatsel sproei potblou lippe styf gespan oor gekreukelde kake in spierwit kant afgerond rookwalm wolkies warrel in die wind. Liggaam, siel en gees gevoed met […]

    doudruppels van genade lê op grassade sonder skade blinkers van nag se ween   elke druppel dou skreeu sy taal van trou oor duine wat reën   my druppels dou sprei uit oor wêrelde en vind tuistes flou   elke druppel dou vang sonstrale en bou reënboog se vou   huppel oor elke […]

    blou is die kleur van koue ook van liggaam in dood se kloue blou is ‘n seuntjie se kleur   skakerings van blou maak die uitspansel getrou aan Skepper se opbou   haal die grou uit blou dan haal jy lewe uit strewe laat jy net die donker   © Tearlach.    

    hoe het jy gewag daarvoor daardie flits-oomblik van verwondering oomblik van bewuswording   dit flits deur jou hart te vinnig vir jou verstand om by te hou ag dit is seker maar weer AI   in speelweer pla dit soos immergroen musiek op jou oor daardie oomblik erken jy   die gesig bly […]

    met sy wolhemp sy langbroek, kamaste bandolier en martini henri was hy gereed vir die veld was hy altyd paraat gelowige kryger vir sy land volk en gesin   daarteenoor staan vandag se leierskap wêreldwyd bekend as die “nothing-burgers” murmurerende massas wil verandering hê opbouende gevoel massaoptogte ontvlam   “hoe lank nog” raak […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed