gevlerkte gees
O Heer gee ons ‘n duif ‘n gevlerkte gees wat ons land kan deurkruis nie onreg en seer te rapporteer maar gulsige bekke te sluit gierige kloue te keer ‘n duif met ‘n olyftak ‘n gevlerkte gees wat ons een lied saam laat sing wat gaan sit op elke huis se dak wat ware vrede […]
Verstol in die doodsheid
Op ‘n pad iewers teen ‘n hang is ‘n man sonder hoof hy klou krampagtig vas aan sy perd se stang Sy perd ploeg die lug in sy ylingse vlug hy weet die dood volg hul soos skadu’s oor die kloof By ‘n huisie verby gil ‘n vrou onbedaard en bang sy herken haar man […]
Weswaarts (1)
Weswaarts In die geel najaar plant ek ‘n hemelboom, soos ‘n neut breek ek die bruin aarde oop. ‘n Onsigbare hand met ‘n donker flits lig die skaduwee van my breërandhoed op en af as ek die grond hark. Ek lei koelgrys water in ‘n voor en kyk hoe ‘n windswael die lug met swart […]
jy is weg, en nou weet ek nie…
Die bang eet my op, voete en al. Ek beur deur diep teue op soek na vars lug, maar die vrees verdring alle logika. Verstrengel in die distels, hou die dorings my terug. Vuur brand deur my, van buite af binne toe, al die gevoel tot as, en waai weg in die winterwind wat lag en […]
Met ‘n drukkie
Die stem van ‘n moeder die warmte van haar hart aan kinderdae, salig en komerloos en dis te danke aan ma Ek dink aan tye van lekker lag van kuier aan die kombuistafel tot laat in die nag aan ouerarms wat my sag omvou Ek dink aan tye van hartseer deel saamstaan in donker dae […]
Langs rooi vure
‘n Prentjie van geweld en aggressie elkeen se smart, hartseer en pyn omring van angs geskreeu smagtend sig nog eens te wreek Die sandput is verskriklik klein ‘n ma wat saggies huil haar huis se skimme spokend ‘n bedjie leeg en koud Toe die dag breek sӗ ma trek oop die grordyn sodat die lig […]
Grys Is Tog Feit
Ons almal begeer dit wat ons nie kan kry, In die tronk van begeerte voel ons vry, Ons dagdroom oor ridders en kastele, Ons vertoef aan valse beelde Ons almal hunker na vryheid en ware liefde, Min beseffend die een bots met die ander, Prinse en prinsesse wat daagliks verander. Drome en denkwyse oral gebonde, […]
Kil-koue blou oggend
Waar woorde opraak en net die hart luister dans die son vir oulaas oor gebroke en verlore Wanneer gebroke en verlore se pad kruis hou die berg sy asem in Die gebroke hart wat smag na liefde die verlore sondaar soekend na ‘n Heiland So dwaal die twee deur ‘n verlore paradys die rondlopervos huil […]
die onskuld van ‘n kind
daar is reënboë in die branders daar is vrede in die wind daar is heimweë in die klanke wat die prentjie saam vasbind daar is vrae onbeantwoord en tyd oneindig min… so verlang ek na die gister die onskuld van ‘n kind EN EK Sê DANKIE, DANKIE VIR DIE TYD WAT MY GEGUN IS… DANKIE, […]
‘n loflied vir Mamma
Dierbare Mamma, so kosbaar vir God. Daar is Soveel gedagtes wat deur my vloei, soveel herinnerings wat my ontmoet. Swaarkrydae van gister, teëspoed wat ons lewenspad begroet het, Tog, weggespoel in jou liefde, toegemaak in die omgeehart van ‘n ma. Mamma daar is soveel dankies diep binne my. ‘n Lied in my hart wat meer […]