[BRONS] HELIANTHUS 137.5
Digvorm: Villanelle HELIANTHUS 137.5 die goue hoek rangskik noukeurig mooi in die sonneblom sirkel-siel-verkwik ‘n spiraal partroon op sirkel gestrooi *** word groei-saad elkeen sindelik voltooi in die mooiste gewaad geest’lik geskik die goue hoek rangskik noukeurig mooi *** een-drie-sewe punt vyf grade ontplooi die goue hoek van die sade rangskik ‘n spiraal partroon op […]
skrywersblok (brons)
gedagtes soos wasgoed in die wind bly wapper sonder woorde _ as my potlood hul wil vaskeer bly elkeen hom ontglip en waai die woorde weg waar ek hul nie kan vind dan smaak my stories laf _ futloos nes vaal tee © Rika Gerryts
[BRONS] ’n Vreemdeling in My Vel
’n Vreemdeling in My Vel My oë kyk terug in stilte— elke weefsel in my skree pyn. *** My drome is vas in ’n greep van niks. Ek is die spoor van ’n vreemdeling. *** My hande vreet my siel, my asem draai soos graniet binne my. Asof my longe nie meer my liggaam ken […]
[BRONS] Verswelg in Gebreekte Grafte
Verswelg in Gebreekte Grafte In nag se hand word grafte oop, gegroefde siele bloot gestroop. Beendere van gebed en vlees, word fyngemaal tot gif en gees. *** Wat U Geheilig het as stof, deur dwelm-duiwelsdrek verdof. Nie honger dra dié donker spoor, maar sonde sny die siel tot oor. *** Waar Christus leef lê hoop […]
onvergenoeg
dit vreet soos kanker die nooit ten volle gelukkig wees soos ‘n jongmens wat aanhoudend soek soos die pot wat sy deksel oral loop soek daardie ongedane sake gevoel wat vreet en vreet aan jou emosiebevange hart so leef die mens sy leeftyd om tot op daardie dag wat kom wanneer dit gebeur […]
teen jou rug… (Goud)
…met my wang teen jou warm vel was jy my dolos wat my (soms) brose kuslyn veilig kon hou teen brekende lewensbranders van hier kon ek die weerkaatsing sien van jou siel, ingebed in myne en rimpel-glimpse van mý wat jou hele wese vol lê wanneer ek nou vaskyk teen die koudheid van […]
balans
oor my duin balanseer miswolkies fyn skuif dit asof swaartekrag gedrewe stadig oor duine en skeute na fynboshange onder swerf meeue in opening heen en weer soek hulle die gate waar kril volop sweef so verloop my siel se strewe swewende oor gister, vanda gen die mộres meer van vandag kom mộre meer […]
skraal
hoe styf stoot die wind vandag bring yskoue antarktiese seelug dit loei en dit ruk oor wit huisies sproei seewater soos perdekoppe wat jagend oor die baai sweef hoe koud is die eensaamheid vandag vir diė wat alleen in hulself moet wees dit vloei en dit roei oor herinneringe heen verwarm harte […]
daar
waar is daar daar is waar Hy is daar is ‘n kind gebore in stille Bethlehem onder oosterse sterre is Hy ontvang groter geskenk aan sondaars kan daar nooit wees flikkerende liggies van sterre of neongiffies verkondig die daar ook die waar in jou lewe of jy nou wil feesvier of op ‘n […]