Tikkel Tokkel #silwer
Tikkel tokkel onderstebo agterstevoor ekke tokkel snare raar maar waar om-en-dom links lei regs volg om-en-dom raar maar waar ekke tokkel snare onderstebo agterstevoor Christa Diederiks ©
op
heeltemal klaar gatvol verby daar waar daar ookal kan wees vanuit die uitsig van my duin sien ek vandag die plekkie: op eerste keer in baie lang tyd maak lugspieëls nie sin spel geen beloftes uit klaterende lawaai van gestroopte ratte wat knarsend tot stillstand kom op die onverkose plek van heeltemal op […]
Blommekransland
Namakwaland, jy het my hart gevat, So stilweg, soos ’n jakkals op sy pad. Jy’t hom weg gesteek, ag, sonder berou Onder kruiebosse, waar die wind sag vou. Kleurvolle blom, soos ’n kind se droom, Spat oor die veld in ’n vrolike stroom. Geel, pers en rooi, dis nie net vir die oog, Dis […]
monsieur
meneer die kabaal jou eiegeregtigde kabale jou luidrugtigheid Bacchusfees meneer, jou hinderlike aanmatiggende knoeiery laat my bibberend koud Bacchusfees meneer, dit is mos “meneer” jou barbaristies gulsige eetstyl soos swyn met kaal hande gevoer Bacchusfees meneer die swyn glurend deurspek in wyn elke sel verdun-versin Bacchusfees © Tearlach. (Bacchusfees – […]
halowentelbaan
soos ruimtetuig sweef my gedagtes in halowentelbaan afhanklik van drie kragtige faktore wat behou waardes en gewete breinkrag alleen kan nie my baan verseker ingebore DNA wel al wankelend is my wentelbaan om wat lewe is druk om te presteer lewendige ambisie in kompetisie geborg deur Sy Woord © […]
Die Opstandig
Die opstanding (Deel 1) Ruiter op die wit perd binne die blits van ’n blits-sekonde versplinter die hemel met gebulder kloof ‘n gapende weg oop kristal-helder-verblindend die weg na vernietiging! brullend, met vlerke, daal ‘n forse sneeuwit perd Jesus, Gesalfde Waaragtige Een op sy rug triomferend wapper sy bebloede kleed soewereine krone […]
goet
goed, goeters en goedere oor my duin kletter daar goeters soos branders oor rotse kots wit skuim brullend van plesier verdwynende silwer soom op gulsige sand los strate vol wit mure singels vol verwagting wat soos water uit gieter my strand in verwagting bevlek, verberg onder oeroue goedere eensaam op my […]
Vrye vertaling van Giovanni Capurro se: “O sole mio”
hoe pragtig is ‘n sonskyn dag die lug so kalm na die storm, die lug so vars dat dit voel soos ‘n fees hoe pragtig is ‘n sonskyn dag maar ‘n ander son wat veel beter is, weerkaatsing van my son op jou gesig die son, my son, skyn op jou gesig dit […]