Jongste aktiwiteit:

monsieur

 

meneer die kabaal

jou eiegeregtigde kabale

jou luidrugtigheid

Bacchusfees

 

meneer, jou hinderlike

aanmatiggende knoeiery

laat my bibberend koud

Bacchusfees

 

meneer, dit is mos “meneer”

jou barbaristies gulsige eetstyl

soos swyn met kaal hande gevoer

Bacchusfees

 

meneer die swyn

glurend deurspek in wyn

elke sel verdun-versin

Bacchusfees

 

© Tearlach.

(Bacchusfees – luidrugtige dronknes, het ‘n lang geskiedenis. In die Oudheid was dit wilde en mistieke feeste ter ere van die Grieks-Romeinse wyngod)

 

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed