halowentelbaan
soos ruimtetuig
sweef my gedagtes
in halowentelbaan
afhanklik van drie
kragtige faktore wat behou
waardes en gewete
breinkrag alleen
kan nie my baan verseker
ingebore DNA wel
al wankelend
is my wentelbaan
om wat lewe is
druk om te presteer
lewendige ambisie in kompetisie
geborg deur Sy Woord
© Tearlach.
(Halowentelbaan is ‘n periodieke, driedimensionele wentelbaan naby een die Lagrange-punte L1, L2 of L3 van ‘n stelsel met twee wentelende liggame.)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.