Blouwaterbaai
hier het ek my lêplek gekry in hangskouer paadjies gekeep vir my waar meeue hul vlug in bindlyne weef skaduwees in sonnige lugspieëlings beef hier het ek goud vir rooidop verruil tussen blou en die hemel leer tyd verwyl my kroos gevoed op suurmelk en vis want hier is dit manna, dis hoe dit is […]
Afrodisiakum
sommer so sonder rede sommer tussen gister se storms en vandag se nimmereindigende vrede met ‘n koddige systap en trippel ‘n skalkse glimlag sonder rede verskuil in ‘n ondeunde koekeloer gehekel met aweregse stekies teen reguit lyne weggesteek in onontdekte plekke agter raserige skarniere van verweerde hekke rug aan rug teen afgewitte mure iewers tussen […]
Herfse Lente
Herfse Lente Dis September, lentemaand, verjaardagmaand vir drie in die huisgesin wat dit reeds aan die anderkant vier— Paar vriende se stemme is ook stil, wag nie meer vir my oproep hier nie en ek voel hoe ‘n herfse lente toesak, ‘n verlange na almal wat koulik insluip want hul warm plekkies in my hart […]
Kronkeltjie pad, verdwyn!!
Kronkeltjie kronkeltjie, kronkeltjie pad, vir jou is ek nou net mooi siek en sat. Dit is tyd dat jy uit my lewe verdwyn, ek wil nie alewig op ‘n hopie sit en wegkwyn, so vat jou lastem vat jou goed en voerstek!! Daar is nie plek in my lewe vir leed, ek wil net van […]
Op soek na die lente
Op die pad tussen Tulbagh en Joostenberg deur Wellington en by Agter-Paarl verby – in ‘n stokou bakkie sonder canopy – dáár het ek die lente gekry. * Sy’t oral langs die pad in velde vol van groen gegras en in lappe, lappe koring aan die berge se voete gelê. In die geel van […]
Want dit is jy
Ek hoor jou geroep in die verte maar ek kan jou nie vind nie, ek voel hoe jou asem my nek streel waar jy agter my skuil vir die vrese wat ons onseker in die donkerte laat rondtas; Ek voel jou naby my en ek wil jou hand vat, jou gerusstel, maar die werklikheid ontbreek […]
Ek kom haal jou in Augustus
Ek kom haal jou in Augustus By Postberg, aan die Weskus digby Langebaan – dis waar madeliefies weer vanjaar so geil oor vlak en rante staan. En teen die duin’ – daar waar hul strandlangs hou – blom vaalblaar salies roes en blou langs die oranje, wit en geel geweef waaroor meeue op die winde […]
Eendag Op ‘n Reëndag
Eendag Op ‘n Reëndag Ons rym graag eendag op ‘n reëndag maar die onbepaalde woordjie eindig op ‘n verborge bepaalde spesifieke dag en is afwagtend gegrif in ons onderbewussyn — Jy lag en is vrolik, vier fees en geniet die goeie in die lewe maar jou onsigbare metgesel eendag is altyd aan jou sy— Daardie […]
Elke keer …
elke keer as ek na jou gesig kyk oorweldig die emosie my elke keer as ek jou hand vat wil ek vir altyd by jou bly elke keer as ek in jou oë kyk en jou liefde kan ervaar elke keer wat jy my laat lag weet ek die konneksie is daar elke keer wat […]
Lente
Lente Half bevrore kraak ‘n wintergletser met ysmos wat nog aan ingewande kleef, snuif bloubokkie neus die soel poeiers van ‘n bloeiseisoen in barensnood. Kristalle glim op lippe van ‘n lenteson, druip suikerstroop in sy skuifspeldloop oor nuwe dou. Stywe litte klou nog aan some van dooiemaan toe bevrugting jakkalsdraf teen grense van ‘n uitgediende […]