Môre is nie verseker…
Ons sê altyd, môre is nog ‘n dag, maar wat as môre nooit vir jou kom nie, wat as môre nie daar vir jou wag, gister is verby, môre moet nog kom, geniet vandag, nou op die oomblik is wat saak maak, want môre sien jy dalk nie weer die son, alhoewel Hy oor jou […]
Bly altyd in my lewe
In my lewe, weet ek, ek was al baie verkeerd, ek sal dit weer en weer erken, baie mense het gekom en gegaan, net sommiges het ek vergeet, maar ons was nie verkeerd om mekaar se harte te wen. In my lewe, het die beste ding gebeur, jy’t daarin gestap, ons het meer van mekaar […]
Hartaanval
Ek het n intense vergadering gehad met emosies wat hoog loop. So loop ek hoogs ontsteld daarna in my hart uit en in die wereld in. My gedagtes maal om en om; hoe maklik kan mense dinge se en verdraai! Redenasies wat gaan oor om te wen of om n punt te bewys. God se […]
BAIE BELANGRIK: ‘N MOET LEES VIR ELKE LID EN VRIEND VAN INK
Ek wil julle net weer herinner aan die gala funksie op 22 Oktober 2016 by die hAp-huis in Pretoria. Ek wag nog vir ‘n paar lede se bevestigings of julle die funksie sal kan bywoon al dan nie. Ons besef dat dit finansiele implikasies het, en dat ons nie onnodige druk op ons lede en […]
SOLO
“one day she found her song and sung her truth and the woman that this cold world had known disappeared”–J M Storm— solo vreesbevange vir die sprong in die duister blindelings gedurf veilig geland ys gesplinter snakkend moed gegryp uit die donker vlerke gesprei gesweef na selfontdekking verborgenhede oopgevlek woorde en verse het ontsnap vryheid […]
Oumense en Elfies
Die houtvuurtjie knetter om stories te hoor en ons sit al klaar in ons drome verloor om grootoog met muisoortjies te luister wat Oupa se elfies saans vir hom fluister! En Oupa vertel van die Son en die Maan en van elfies wat ook maar eendag doodgaan… Maar Oupa se stories sê darem bý Oupa […]
EK KEN
Ek ken ‘n woordeboek se skrywer sy voornaam AFRIKAANS en sy van MY TAAL Hy woon in hartskamers van die Kaap tot in Transvaal en stook die vonke van ‘n ou kombuistaal tot suiwer Afrikaans Die woordeboek se smeltery spat suiwer letters van Namakwaland tot in die Baai waar skrywers bakhand staan om neer te […]