liefde het ‘n gewete
liefde het ‘n gewete soms voel ek vry, soos in ‘n dans, sonder ritme of orde… wild in myself getrof, diep geraak asof ek luister na ‘n preek oor die vader, die seun en die heilige gees… ervaar my siel die vlam van die brandende bos, kaalvoet op goddelike grond, hakkelend deur die slag in […]
Liewe land
Ek betrag die kleure en klank oordink vervloë dae se oorvloed en dank. Ek aanskou berge en dale wat met eggo antwoord gee op my bewondering terwyl die uitspansel oor my pronk in amber, kobalt en monochroom wat uit gister vermeng tot ‘n reënboog wat vol hoop die hemelruim seën. Liewe land ek is bly […]
God het sy punt gemaak
Anel Steyn 01.05.1988 – 29.05.2014 Voor in die kerk moet ek vandag sit, Tussen sakdoeke, swart pakke en hande wat bemoedigend oor my streel en saam met my bid. Bid vir jou, my kind. Bid vir my. Hier is baie mense. Familie en vriende, selfs ‘n onbekende gesig of twee. Hulle huil oor jou, my […]
Winter saligheid
Hier sit ek… vinger verkluimd, verkreukeld verkrom en streel die sagte rekenaar knoppies – soekend na nostalgiese woorde, wyl liriese akkoorde blêr oor die koppies, dan – plotseling… voel my brein oud en dom. Gas warm bearbei die verwarmer die leemtes om my, wat sny- kou aan warm vlees… en probeer ys in stilte blom […]
Katterus
Knus lê sy teen my been en spin haarself in ’n wêreld van katdrome. Die snorbaardjies spring-spring en haar voorpootjies ruk liggies. Haar majesteit is seker besig met ’n wandeling in ’n helder blommetuin waar vlinders en naaldekokers tartend ronddans. Ritmies beweeg die wolhaar lyfie soos sy die fyn asempie deur die nat neusie pers […]
Koue hande, warm liefde
Die laatmiddagson gooi goue strepies deur die venster. Marietjie lê alleen in die kamer en lees haar boek. Haar oë volg die lyntjies van links na regs, maar sy neem nie een enkele woord in nie. Haar aandag is by die stemme in die sitkamer op die onderste verdieping. Dit is ’n lang naweek. Marietjie […]
Ek het ‘n engel gesien
Vandag het ek ‘n engel gesien Die tiepe meisie Wat net hemel verdien Groen oë, bybelversie mooi Hare soos ‘n waterval En wangetjies bloedrooi Sy stap toe na my Dis asof sy sweef vir ‘n oomblik wens ek sy stap verby Ewe skielik, skoenlappersag Begin sy sing met ‘n stem wat mens van ‘n engel […]
Oosweer
Somer en sand het saam op die wind ingewaai en winter laat sweet met swem en sonbaai toe die stof gaan lê het die wind huilend verdwyn in die weste en toe sak die somer stadig saam die son wyl die winter weer klim oor die horison
‘n sekere soort droogte
In hierdie waterlose oorde wurg ek nog aan jou woorde en vind geen lafenis daarin. Net die vuur van haat en nyd. Net die barheid van ‘n dorre aarde. Net krake in die klei. Net bome sonder blare wat nou in loof moes wees. Ek wou jou lees jou gees verken jou oë laat sien […]