Die gedig is vir jou
Ek skryf die, vir jou, Want jy verdien ‘n gedig Jy verdien meer as dit Jy verdien die wêreld, Maar al hoe ek my hart kan gee is as hy soos ‘n gedig lyk Ek skryf vir jou oë Want ek weet die blink steek ‘n leeftyd se seer weg Ek skryf vir jou hart […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n vér verlanggedig
Dis skemeroggend en dis winter maar die hemel skilderdoek skroomloos in oranje van hier by my tot oor die kranse by Franschhoek. En wyl die son nog effe sku agter veraf pieke hang moet ek verleë erken, my lief dat ek soms skaamteloos verlang ~ na jou en na plekke ver van hier. * Na […]
Saphira die Swemmende Feëtjie Hond
Die Feëtjie Hond – wat nes ‘n Rottweiler lyk – sug hartseer. Haar voetspore kan orals oor die strand en die duine om dit gesien word. Dit herinner sterk aan haar bestaanskrisis nie lank nadat sy Eolande ontmoet het nie. Saphira het haar belowe dat sy haar sal vertel wat sy ontdek het op die […]
Droogmond prewel
Op die verweerde winter horte van my diepste binnesluis brand warm koker vure, én daar komponeer jy dan ‘n minnesang op die nat wasems van ‘n vergete ruit Snoer jy my blanke hals in fluisterklanke – wat soos ‘n wingerd van pêrels, in violet bot omkrul my voel met rankvingers van ‘n immergroen Sag omsoom […]
Oral daar
Waar sonneblomkoppe hemelwaarts keer verf sonbal sy strale teen plafon van sfeer waar paddas eentonig in rietjiesvlei murmureer en walvisse die magtige oseaan domineer by skedelkus waar son skeepswrakke verweer en wit beendere verder disintegreer in kranse hoog waar arend triomfeer en in bosveld wat droogte moet trotseer oral ja oral het ek net weer […]
Gebed: In, maar nie uit die wêreld
“Sou ek nie bìtter graag wou ken die oorsprong van my angs en vrees? Dan sou ek mos as enkeling gehoorsaam dat ek stil moes wees in onvervreembaarwete dat U Stem vermaan: “Hier bly jy net ’n Vreemdeling.” O Heer, as eens my tent beginne reep en ek in eie vasgevange sonde tot U smeek; […]
Sien Is Glo, En Glo Is Sien
Sien Is Glo en Glo Is Sien. O, om net kan sien, om net te kan hoor, en met albei gawes geseënd te wees! Sien is glo, en glo is sien, maar uit rebelsheid beur mense stroomop en is horende doof en siende blind omdat moedswillig die gawes van rede en insig opsy geveeg word […]
DIE WINTER HET BEGIN
Die maan het gisteraand ‘n traan laat dros tot op die nagskilder se pallet wat silver spatsels klots teen bakkersbossies waar naggoggas reisagente by die voordam se oorloop bekkie speel en somer blaar armades wegseil om plek te maak vir die winter wat begin Die maan se skewe wit glimlag skoffel die nag se speelkaarte […]
Soos ‘n Wildsbokkie
Soos ‘n Wildsbokkie Waarom vrees mense die stilte en om alleen te wees? Waarom liewer een met die skare ingehok In oorvol kafeetjies, winkels en restaurant onrustig en bang om eenkant afgesonder te wees— Vanwaar die kudde instink van veilig in die groep? Ons sekuriteit is gesteel, die alleenmens het ‘n prooi geword agter slot […]
OOM DUP EN DIE BETHLEHEM DRYWER
In die dae van stoom en semafoorsinjale het Kroonstad vier seinhuise gehad nl. Kroonstad-Noord, Kroonstad-Suid, Gunhill-Noord en Gunhill-Suid. Gunhill-Noord het die toegang tot Gunhill rangeer terrein saam met die hooflyne na Gunhill-Suid en Kroonstad-Suid beheer. Oom Doep was n seinwagter in Gunhill-Noord. Sy bynaam was Doep Buikspraak en dit sê heelwat van hierdie legendariese karakter […]