Die wens
Vicky maak haar oë stadig oop. ’n Vreemde geluid het haar wakker gemaak, amper soos iemand wat oor die houtvloer van haar slaapkamer loop. Sy steek haar hand uit na die selfoon op die bedkassie. Dis net na sewe en die sewe-en-twintigste Junie. Hoekom voel dié datum so bekend, so asof daar iets vandag moet […]
Kom rus nou, hart
Kom rus nou, hart Hier binne my Kom rus nou, hart En raak weer reg Kom rus nou, hart Jy verdien dit tog Want jy, my hart het al hard geveg
Nouveau Riche
Nouveau Riche (Satire) My dae van armoede en pootuit swoeg en sweet bultuit met die baiesukkel se swaartrap en heuwelaf freewheel om asem te skep is lankal verby nou sweef ek veerlig bultuit met my wa-benz, sigaar in die mond lekker gemaklik agteroor wyl die sonbesies skree maar die air conditioner werk en die chauffeur […]
Brandewyn kruk
Simon, was jou rug sltyd so hoepelkrom … jou woorde altyd so roggelstom? Was jou oë se batterye altyd so glansloospap, so op-en-af-irriterend jou ‘One day at a time’ slingerstap? Simon, uitverkoop, van sy rots losgebreek en leeggestroop, gaap my mosselhart oor daai botteltjie wat jou ritteltithand nog voor die son-opkom se weer gaan sak, […]
NAWEEK: Wysbegeerde
Die filosoof sit gemaklik teen die stam van ‘n honderdjarige eikeboom aangeleun en beskou die natuur rondom hom. Hy bewonder die blou berge op die kim, die geil koringakkers, die blom- en groentetuine van die nabygeleë huise. „Maar,” sê hy, „ás daar ‘n God sou wees, hoekom laat Hy die swaar pampoene op sulke swak […]
Winter wasem
vensterbank gevlok vol sneeu op ‘n bitter koue, donker nag die maan is wreed en die wind kerf met tweelem brute krag wildeganse vlieg gou suid ontsnap uit winterkloue uit boomtakke silhoeët teen horison as hul kreunend krimp en kraak met die hemel grysgrou geskets sterre gevries aan wolkewand hoendervleis en klappertand in sout pupil […]
Natuurpalet
As die vuurbal se strale goud spikkels verskiet word kosbar’ ultraviolet oor kloof en vlakte gegiet Sonneblom bloos skaam in sy heldergeel raam wyl Gesiggies en Rose sag wieg in die wind Eenkant blêr ‘n verlore lam in die stoomwolk van ‘n kraal maar as die mis eers gaan lê sal sy pa hom wel […]
Die Boland rus in onskuld
Die Boland lê en sluimer In hierdie skoonste môre-uur En geen een kan dit beskryf in woord of taal. Bo hoë en verre pieke Ontvlam die dag in amber vuur – Lig gebore om ten hemele te straal. Alles wat nog donker was Nestel koud (dog in goud se glim) – Dis die winterson wat […]
Woefies en Kietsies
Woefies en Kietsies ( My Lollotjie is Saterdagaand aan ‘n hartaanval dood) Die getroue troeteldiertjies sterf en daar is geen hoop op weersiens jy huil en rou oor jou dierekindjie die vaarwel was finaal daar is geen hondjiehemel en geen katjiehemel jy moes dit vir hulle hemel op aarde gemaak het in hul kort tydige […]
In die skadu van die berge
In die skemer van die berge doringboom aan elke kant – sit alleen die tenger vroutjie op die grens van niemandsland Wiegend neurie sonder woorde want haar siel is weggevat – môre kom die nare drome op haar skewe kronkelpad Maar sy luister na geluide uit die Skepper se natuur – wink kromvinger na die […]