Oseaan melodie
Stille neurie-lied van die see met heimwee gevulde stem wou haar saggies-sproeiwink nader steeds nader bly wink meganies en in tranewaas sonder ‘n huiwer of versuim het sy kruipend nader gehaas Aandagtig sit sy en luister na onheilspellende woord neurie sy oor die toekoms met hartseerwals-akkoord of sag in suiwer sopraan in afwagtend’ oor nou […]
Projek – Winter-nostalgie (1 Junie 2016 tot 30 Junie 2016)
Winter is voor die deur, en soos gebruiklik is dit sop en snysels, warm komberse en ‘n kaggelvuur, vir sommige heerlike likeur of ‘n stomende koppie koffie. Die herinneringe aan kindertyd tydens winter is altyd ‘n nostalgiese affêre, en tog vergelyk so baie digters die afvalligheid van liefde met winter. Dit is ‘n seisoen sonder […]
Ek hoop dit gaan eendag minder seermaak …
vanaand loop jy weer vrylik rond gestewel en gespoor, in my kop hoe hard ek ookal mag probeer ek kan die herinnering nie stop ek onthou weer elke klein gebaar jou stem, jou lyf, jou lag ek onthou hoe het ons planne gemaak en hoe ek vir jou sou wag jou stasie-groet was kort en […]
Maan
Ek voel lus om te skryf. Ek weet nog nie waaroor nie, maar kom ons kyk hoe hierdie storie uitdraai. Ek het gedink ek wil skryf oor die liefde, maar almal doen dit. Die liefde is amper so algemeen soos ‘n hartbreek. Ek sê ‘amper’, want daar hoef nie eers liefde te wees vir ‘n […]
Digter – leen my jou pen vanaand
Ag digter… gee my tog jou hart en jou pen vanaand… want myne is leeg en o’ so droog, sonder lied – sonder woord, leen my jou kennis van skryf sonder tierlantyn, net die mooi wat die hart kan roer soos dit hoort. Laat ek tog hierdie bitter en seer brand hier onder die lamp […]
Insomnia
Ek verdwaal in wakker en soek slaap te vergeefs. Uil se knip ontwyk my, ek hoor hoe-hoe hy luister na my kop wat raas en met dag breek net fluister
Kaalvoetkind in die suide van Afrika
Kaalvoet trap ek my spore in die stof van Suid-Afrika. Teen maanskyn en rose word daar soms hier blind gestaar. Ek ontdek die honger en siekte van ander in my dik sny brood, hoor die weerlose hulpkreet van ma en kind teen gruwelmoord. Kyk hoe lyk die helde en leierfigure waarna ons moet opsien; mense […]
Fyn lyn
In Ebbe swart wieg die silhouette teen die witlig geëts op die maat van ’n stormwind wat siele laat bedaar. Wyl harte aan die oorlog veg om vrede, klou dwase hande van nou vas aan die verlede. Die silhouete dans van winter na somer en verander die nugter in ’n dromer. En dans ek lomp […]
Fyn ge(voel)ig
Die lyne in jou hart loop noukeurig en kom bymekaar daar waar die wesenlike kern van jou middelpunt oopgebars lê oop vir die wêreld ontbloot broos want die sagtheid wat in die kamers van jou hart skuil weerkaats in die swart van jou oë en jy glo om vir hulle te wys jy’s onbereikbaar ontoeganklik […]
Konkawe gedagtes
Grysgroen oë gluur terug uit ‘n stil-spieël-refleksie merk bekende goud-glinster hoor ‘n skaam, skugter lag Staar na sagte, skewe strate deur lewenspotlood geskets wasem en verberg- vinnig vodde- flentersiel- venster Gesamentlik deel hul mee in vreugde, vrede en smart as son skerp weerkaats word hul gevoel getart Sy eien jou elke gedagte deel jou grys-grou […]