Tweestryd
As jy my entoesiasme blus met antagonisme mag ek jou dalk net met entoesiasme antagoniseer
Sprogedie
Sprokie liefde is die skulp waaruit ek my pêrels skep ‘n halsnoer om my nek vibreer stom as my stem Lekseme lê soos Sneeuwitjie in ‘n glas kis ten aanskou aan hartseer verstik met ware liefde opgewek Om saam Skoonlief weer die Ondier te trotseer met n wals van woorde ‘n roos se verlep te […]
Pyn
In my hart ingegrou diepe letsels gesny, seerkry oor jou sal vir ewig bly! Verwerp, eenkant gestoot… doodlewendig voort. Ellendig in nood, dis ek, dis my soort! Diep in my dop ingedwing swygend eenkant, trane wat sy eie seer sing elke dag se trant. Verafskuwing wat kleef sit vas soos doodskleed. In my siel vasgeweef […]
Lettergreep gebare
Jou sekelmaan glimlag ondeund saffier-sterre wat polka om pupille gooi goudgeel prag- in dor- droewig dag Jou piesangtros- hande se gebaretaal praat met lettergreep vingers wat sketsend beduie as toeka se getuie
Omstandigheids Werk
Buite reën dit katte en honde en tussen hulle, dik hang die sonde. Toegedraai in die wit laken wyl sy kyk hoe tydsaam hy aan sy sigaret teug, vee sy haar hare oor haar voorkop terug; sy verbloem haar ongeduld – vermy sy oë en wag tot hy uiteindelik sê: ‘dankie, dan gaan ek maar’ […]
GOD IS ALTYD DAAR
GOD IS ALTYD DAAR Dinge kom nie altyd reg, maar weet verseker: God, jou Vader, gaan net nooit nie weg.
As Ek Soggens Ontwaak
As Ek Soggens Ontwaak¬¬¬¬ As ek soggens ontwaak is jy die eerste een op wie my oë liefdevol rus al is jy nog in droomland— Jy is die liefde, vreugde en rede waarom ek my dagtaak kan aanpak. Elkeen gaan sy weg waar werk en pligte roep met die seker wete vanaand kom jy huistoe […]
Laventel
LAVENTEL. vanjaar bos laventel mals heuphoog in die vleie van my hart, persblou skakerings wink welig oordadig om jou sag neer te vly verlustig in die vrede, aroma van gekneusde blaar stam en blom wat welriekend geurig jou verkwik. naby my hou. ©linda
Wintertyd van my bestaan
Wintertyd van my bestaan soos die veld om my Is dit wintertyd vir my bestaan trots staan ek met my oerlyf wat nou my doodsvonnis is my horing wat my beskerm het teen ander in paringsritueel van eeue ontwikkel my horing wat wonderwerk is oor millennium gevorm is nou my verdoemenis paraat kan ek wees […]
Hou jy van wat jy sien
Hou jy van wat jy sien? Die vraag klap soos ‘n skoot na binne Hou jy van wat jy sien? Die antwoord is maklik Ja ek hou van wat ek sien Waarom is die antwoord maklik? Dit is maklik omdat ek jou hare kan voel en sien ‘n pragtige bos wat wip en swaai sag […]